Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld
Gebed
Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:
“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart ontvanklik maak vir u Woord. Help my om U hierdeur intiemer te leer ken en dat ek u waarheid sal toelaat om my hart, gedagtes en siel vandag daardeur te verander.”
Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy dan ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.
_________________
B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.
I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.
D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?
Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.
_________________
Agtergrond oor die boek Romeine
Wie het die boek Romeine geskryf?
Volgens Christelike tradisie, het die apostel Paulus die boek Romeine geskryf.
Vir wie is die boek Romeine geskryf?
Die apostel identifiseer sy lesers in Romeine 1:7 deur te sê: "Aan almal in Rome vir wie God liefhet en wat Hy geroep het om aan Hom te behoort." Sy bedoeling was dat die Christene in die hele Rome die brief moes lees. Dit blyk ook dat daar verskeie kerke in die Ryk se hoofstad was, want daar word melding gemaak van 'n bykomende kerk in die huis van Priscilla en Akwila (Romeine 16:5).
Konteks
Die gebeure wat in Romeine beskryf word, vind hoofsaaklik in die Grieks-Romeinse Ryk plaas. Die boek Romeine is waarskynlik saamgestel tydens Paulus se derde sendingreis tussen 50 en 60 n.C.
Literêre Styl
Die boek Romeine is 'n brief wat as 'n vertelling aan ongeveer ses tot tien huiskerke in Rome geskryf is.
Hooftemas
- God se gawe om die mensdom deur Jesus te red
- God wat sy beloftes aan Israel handhaaf
- Liefde wat die diversiteit van die Kerk verenig
Struktuur
Romeine het vier hoofdele. Hoofstukke 1-4 stel die behoefte aan menseredding bekend. Hoofstukke 5-8 fokus op hoe Jesus 'n nuwe verbondsfamilie vorm. Hoofstukke 9-11 beskryf hoe God nooit sy verbondvolk sal laat vaar nie. Hoofstukke 12-16 bespreek hoe liefde die familie van Christus genees en verenig.
Aangaande hierdie leesplan
Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!
More