Bly Getrou | Ses Maande in die Nuwe Testament — Daaglikse Leesstukke uit die Bybel Voorbeeld

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

DAG 118 VAN 182

Gebed

Jy gaan binnekort vandag se gedeelte lees. Voor jy dit doen, begin met 'n eenvoudige gebed soos hierdie een:

“Vader, ek nooi U om saam met my in hierdie oomblik te wees en vra dat U my hart vir u Woord ontvanklik maak. Help my om U hierdeur intiemer te leer ken en dat ek vandag sal toelaat dat u Waarheid my hart, gedagtes en siel daardeur sal verander.”

Wanneer jy jou leeswerk voltooi het, wy ‘n paar minute aan die B.I.D.-siklus.

_________________

B — BEDAAR en raak rustig. Bepeins dit wat jy gelees het en laat toe dat die inligting by jou insink.

I — INNEEM Wat het God vandag deur sy Woord vir jou gesê? Sê ‘n Bybelvers hardop vir jouself en skryf dit miskien selfs neer.

D — DRA jou versoek om hulp aan God op. Die uitdaging is om in Jesus se teenwoordigheid te wees en meer soos Hy te word. Hoe daag vandag se Woord jou uit om dit te doen?

Ons Vader nooi jou liefdevol uit om in sy lieflike plan vir jou lewe, sy kerk en die wêreld te leef. Aanvaar sy uitnodiging om anders te leef en begryp dat sy plan groter is as wat ons kan bid of dink.

_________________

Agtergrond oor die boek 1 Korintiërs

Wie het die boek 1 Korintiërs geskryf?

Volgens Christelike tradisie, het die apostel Paulus die boek 1 Korintiërs geskryf. Dit is die eerste van twee bekende briewe wat Paulus aan die Korintiërs geskryf het.

Vir wie is 1 Korintiërs geskryf?

Die briewe aan die Korintiërs is geskryf aan die gemeente wat in Korinte van Agaje gewoon het. Die stad is geleë by die insnoering wat die Peloponnesos met die res van Griekeland verbind.

Konteks

Die gebeure wat in 1 Korintiërs beskryf word, vind in die stad Korinte plaas. 1 Korintiërs is waarskynlik tussen 50 en 58 n.C. geskryf, gedurende Paulus se drie jaar in Efese.

Literêre Styl

Die boek 1 Korintiërs is 'n brief wat as vertelling aan die kerke in Korinte geskryf is.

Hooftemas

  1. Die evangelie as 'n lens vir die lewe
  2. God se Gees as die verenigende krag van die Kerk
  3. Jesus se oorwinning oor die dood

Struktuur

1 Korintiërs het vyf dele. Hoofstukke 1-4 handel oor die verdeeldheid in die kerk. Hoofstukke 5-7 fokus op seksuele etiek. Hoofstukke 8-10 beskryf liefde as die uiteindelike etiek. Hoofstukke 11-14 spreek eenheid in byeenkomste aan. Hoofstukke 15-16 definieer Jesus se opstandingshoop vir almal.

Dag 117Dag 119

Aangaande hierdie leesplan

Abide | 6 Months in the New Testament - Daily Readings From the Bible

Bly Getrou is 'n 6-maandelange leesplan wat op die Nuwe Testament fokus. Ons hoop dat hierdie gesamentlike studie 'n honger vir die Woord van God in jou geestelike lewe sal bring en dat jy met elke gedeelte wat jy lees, dieper in geloof geanker sal word. Ons het selfs weeklikse "inhaaldae" bygewerk om jou die nodige tyd te gee as jy 'n dag gemis het of agter geraak het!

More

Ons wil graag The Bridge Church bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bridge.tv