Van Kersboom tot Boom van LeweVoorbeeld

Van Kersboom tot Boom van Lewe

DAG 7 VAN 7

Waag dit om te droom

My gebed vir jou in hierdie dae tussen Kersfees en Nuwejaar, wanneer amper die hele wêreld tot stilstand kom, is dat God ou drome wat deur sinisme, teleurstelling, die druk of besig-wees van die lewe weggebêre is, weer in jou sal wakker maak. Mag Hy ook vir jou nuwe drome gee en ’n nuwe visie van die moontlikhede wat voorlê sodat jy die nuwe jaar met verwagting en energie sal aanpak. Mag jy die kans kry om dinge wat nog afsluiting nodig het op die regte manier af te handel. Waar daar nog dinge is wat seermaak, mag God dit toevou en genees met vergifnis, vrede en welwillendheid teenoor alle mense. Mag jy weier om ou seerkry oor en oor te beleef en eerder fokus op God se beloftes. Mag Hy jou vermoë vergroot om begrip te hê vir dinge wat jy nooit sal verstaan nie. As die sprinkaanplaag toegeslaan het die afgelope jaar, mag God alle dinge vir jou beswil en tot sy eer herstel en vernuwe.

Mag jy nooit vreugde uitstel nie. Mag jy reeds nou al begin om vreugdevol fees te vier, al wag jy nog op antwoorde. Mag jy in vrede leef met elke mens in jou invloedsfeer en ook so ver dit binne jou vermoë is wanneer daar dinge is waaroor jy bekommerd is. Mag jy elke oomblik voluit bewustelik met onderskeidingsvermoë en insig leef. Mag jy dit waag om te droom — en droom om te waag.

Hierdie oordenkings is geneem uit LEEF VRY deur Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Van Kersboom tot Boom van Lewe

Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/