Van Kersboom tot Boom van LeweVoorbeeld

Van Kersboom tot Boom van Lewe

DAG 2 VAN 7

Bome is onvermydelik

Die Bybel verwys meer na bome as na enige ander lewende wese, met die uitsondering van God en mense. Daar is ’n boom op die eerste bladsy van Genesis, die Psalms, die Nuwe Testament en op die laaste bladsy van Openbaring. Elke belangrike gebeurtenis in die Bybel word deur ’n boom gekenmerk. ’n Bybelkommentator skryf: “Of dit die sondeval of die vloed of die oorwinning oor die farao is, elke groot Bybelse gebeurtenis het ’n boom, ’n tak, ’n vrug, ’n saad of ’n deel van ’n boom wat die gebeurtenis merk.” Jesaja sê Jesus, die ware druiwestok (Johannes 15:1), sal uit die stomp van Isai voortkom. God se wysheid word beskryf as ’n boom van die lewe en dié wat daaraan vashou, is geseënd (Spreuke 3:18). As ons Bybelse wysheid nastreef, word ons soos immergroen bome wat by waterstrome geplant is en vrug dra (Psalm 1 en Jeremia 17).

Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien waar jy ook al jou inkopies doen — selfs aanlyn sal daar iewers ’n Kersboom wees. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het omdat Adam en Eva van die boom van kennis van goed en kwaad geëet het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Van Kersboom tot Boom van Lewe

Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/