Van Kersboom tot Boom van LeweVoorbeeld
Die evangelie volgens Kersfees
In Jesaja 9:5 beskryf Jesaja die pragtige teologie van die Drie-eenheid. Die Wonderbare Raadsman is op hierdie oomblik by jou — die Heilige Gees wat Jesus belowe het Hy sou stuur om jou te help en te troos (Johannes 14 en 16). Die Griekse woord vir Raadgewer is parakletos. Die Seun van God in menslike vorm — die Vredevors — was tegelykertyd Magtige God en Ewige Vader. God die baba was ook die Skepper wat bome laat groei. Hy het geweet watter boom eendag sy krip sou wees. Hy het geweet watter boom die boot sou word waarin Hy sou staan om die skares te leer. Hy het geweet watter boom Hy eendag teen daardie heuwel sou uitdra waaraan Hy sy lewe sou gee vir ons.
Die heel eerste vers in die Bybel sê: “In die begin het God die ganse heelal geskep, die hemel daarbo en die aarde hieronder” (Genesis 1:1 NLV). Die Hebreeus vir “God het geskep” is Elohim bara. Elohim is ’n meervoudsvorm van ’n selfstandige naamwoord. Bara is ’n werkwoord wat saam met ’n enkelvoudsvorm gebruik word. Dit lyk dus of die Bybel met ’n grammatika fout begin. Matteus 28:19 bevat nog so ’n “fout”. Jesus sê: “Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees.” Al drie Persone in hierdie vers het een Naam — Jahwe — want Hulle is een wese. Dit gaan oor die geheimenis van Kersfees wat vasgelê is in die ou bekende lied: “Heilig, heilig, heilig – Genadig en magtig — Groot is u Naam — U die Vader, Seun en Gees.”
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Kersbome is hierdie tyd van die jaar oral te sien — selfs wanneer jy aanlyn inkopies doen, verskyn daar iewers tussen al die items 'n Kersboom. Aangesien al die bome in die Skrif heenwys na Jesus en aangesien Kersfees ook oor Jesus gaan, kan elke versierde boom jou herinner dat God Almagtig aan ’n boom gesterf het. Laat die glans van die Kersseisoen jou oë vestig op die God van Kersfees.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/