Om Sin te Maak van Jou LeweVoorbeeld

Making Sense of Your Life

DAG 2 VAN 3

Maak Sin van Jou Lewe – Deel 2: Vertroosting wat Oorvloei

“Ek het julle voorvaders uit Egipte gebring, en toe hulle by die Rietsee kom, het die Egiptenaars hulle agtervolg met strydwaens en ruiters" (Josua 24:6).

In Egipte het die Israeliete slawe geword en deur die optrede van hulle wrede slawedrywers gely. Maak dit enige sin, met inagneming van die feit dat hulle God se uitverkore volk was? Miskien maak dit nie vir jou en my uit ons menslike sieninge sin nie. God se weë is egter nie ons weë nie, en sy gedagtes is nie ons gedagtes nie. As ons probeer sin maak volgens ons logika of selfs ons kulturele sienings, gaan ons beslis nie verstaan wat God soms in ons lewens doen nie. Hy laat sy volk toe om deur moeilike omstandighede te gaan om hul geloof te bou; maar Hy wil baie meer in en deur ons doen. Hy wil hê ons moet voel wat Hy voel.

Die Bybel beskryf God as die God wat ons in al ons benoudhede vertroos (2 Korintiërs 1:4). Hoekom? Sodat ons ander kan vertroos met dieselfde troos wat ons van God ontvang het. Dit is die verhaal van die Joodse volk. As jy hulle geskiedenis deur die eeue heen bestudeer, sal jy oplet dat hulle altyd na die armes, weerloses en verdruktes onder hulle omgesien het, want hulle verstaan: “Ons is eens so behandel toe ons slawe in Egipte was.”

Is jou hart al ooit gebreek? Is jy deur die mense na aan jou seergemaak? Deur jou eie gesin gewond? Is jy al ooit deur 'n baas teleurgestel? Bedrieg? Verwerp omdat jy 'n Christen is? Ja, ons kan seerkry, maar die Here is die God van alle barmhartighede wat die lewe se kneusplekke en hartseer gebruik om ons te leer om medelye met ander te hê. Dis sodat ons kan voel wat God vir hulle voel, sodat ons langs hulle kan staan en vir hulle sê: “Ek weet jy huil en ek weet dit maak seer, maar moenie moed verloor nie. Moenie weghardloop nie, want God kan jou help op ’n manier wat geen vriend of gesinslid kan nie!”

Is jy nie bly dat Hy die God van alle vertroosting is nie, en dat die vertroosting wat Hy vir jou en my gee, kan oorvloei na ander om hulle te vertroos?

Word vervolg …

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Making Sense of Your Life

Die lewe kan onvoorspelbaar en verwarrend wees, selfs wanneer ons God dien. Soms lyk dit of dinge buite beheer is, wat ons laat wonder wat in die wêreld aangaan! As jy al ooit so gevoel het of dat dit jou verward laat, is hierdie leesplan deur Pastoor Jim Cymbala net vir jou!

More

Ons wil graag die Brooklyn Tabernakel vir die verskaffing van hierdie leesplan bedank. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.brooklyntabernacle.org