God se wilVoorbeeld

God se wil

DAG 43 VAN 71

SESSIE 7: WEES VRYGEWIG

God se huisreëls:

5. Wees vrygewig.

Kerk in die algemeen was nog baie selde ’n vrygewige plek.

Vrygewigheid is nie om bloot jou dankoffer te gee nie. Dis ’n totale hartsgesindheid wat van Jesus Christus se vrygewigheid aan die kruis af kom.

Dink aan Markus 12: 41–44 toe die arm weduwee haar enigste twee muntstukke in die offergawekis gegooi het.

Dink ook aan Markus 14: 3–10 waar die vrou eenhonderd silwermuntstukke (een en ’n halwe jaar se inkomste vir ’n dagloner) se reukolie oor Jesus uitgegooi het! Dis die soort van vrygewigheid wat saam met die evangelie gaan.

Indien jy een tiende van jou inkomste as dankoffer gee, dan het jy nog net nie van die Here gesteel nie, maar jy is lank nog nie vrygewig nie.

Dag 42Dag 44

Aangaande hierdie leesplan

God se wil

Baie welkom by hierdie kort kursus oor die wil van God. In hierdie reeks word die Bybel, en veral die Nuwe Testament, ondersoek en word daar prakties gekyk na wat die Here se Woord werklik oor die wil van God te sê het. In hierdie proses het ons gepoog om aan te toon dat God se wil geen raaisel behoort te wees nie. God se wil is vryelik beskikbaar vir almal om te verstaan. Ons het gepoog om wat ons as hedendaagse wanopvattings beskou, reg te stel en op die man af te praat.

More

Ons wil graag Ekerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ekerk.org/