God se wilVoorbeeld
SESSIE 6: WEES BLY!
Inleidende opmerkings:
Weereens: God se wil is nie ’n misterie nie. Ons het geen Gideonvelletjie nodig om God se wil te bepaal nie.
In antieke tye het slawe nie geweet wat hulle eienaars wil hê nie. Omdat die kinders erfgename was, het hulle egter wel geweet. Ons is kinders van God. Sy wil is dus bekend aan ons.
God se wil gaan in die eerste plek nie oor take nie, maar oor wie ek is: God se kind.
God se huisreëls:
4. Wees bly!
Jy val buite God se wil wanneer jy dikmond is.
Moenie dat die hardheid van die lewe jou blydskap steel nie.
Blydskap is ’n diep wete in Jesus Christus: God hou van my.
Aangaande hierdie leesplan
Baie welkom by hierdie kort kursus oor die wil van God. In hierdie reeks word die Bybel, en veral die Nuwe Testament, ondersoek en word daar prakties gekyk na wat die Here se Woord werklik oor die wil van God te sê het. In hierdie proses het ons gepoog om aan te toon dat God se wil geen raaisel behoort te wees nie. God se wil is vryelik beskikbaar vir almal om te verstaan. Ons het gepoog om wat ons as hedendaagse wanopvattings beskou, reg te stel en op die man af te praat.
More
Ons wil graag Ekerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ekerk.org/