God se wilVoorbeeld
SESSIE 3: DOEN GÓÉD!
Inleidende opmerkings:
Is ek besig om die wil van God te doen sodat die koninkryk kan kom?
God se huisreëls:
1. Doen góéd!
God se wil het nie in die eerste plek te make met wie ek trou of watse werk ek doen nie, maar hoe ek lewe.
Voorbeelde:
- Dien God (v. 16)
- Respekteer alle mense (v. 17)
- Wees lief vir die medegelowiges (v. 17)
- Vrees God (v. 17)
- Eer die keiser (v. 17)
Aangaande hierdie leesplan
Baie welkom by hierdie kort kursus oor die wil van God. In hierdie reeks word die Bybel, en veral die Nuwe Testament, ondersoek en word daar prakties gekyk na wat die Here se Woord werklik oor die wil van God te sê het. In hierdie proses het ons gepoog om aan te toon dat God se wil geen raaisel behoort te wees nie. God se wil is vryelik beskikbaar vir almal om te verstaan. Ons het gepoog om wat ons as hedendaagse wanopvattings beskou, reg te stel en op die man af te praat.
More
Ons wil graag Ekerk bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ekerk.org/