Ten Goede VeranderVoorbeeld
Lewe is 'n Snelweg
As daar 'n stowwerige kruising was tussen gewone lewe, country musiek en geloof sou Gary LeVox agterop 'n bakkie sit, besig om daaroor te sing. Gary is 'n bekroonde liedjieskrywer en hoofsanger van die Rascal Flatts, die topverkoper country-sanggroep van die afgelope dekade. Tog sal hy eerder net die ou wees wat die klankbaan van jou lewe se mees onvergeetlike tonele sing.
Danksy Pixar en rekenaar-geanimeerde motors, het jy amper beslis sy trefferliedjie, Life Is a Highway saamgeneurie.
Die lewe is 'n snelweg
Ek wil dit heelnag lank ry
As jy in my rigting gaan
Ek wil dit heelnag lank ry
Die Kanadese rockster en humanitêr, Tom Cochrane, het Lewe is 'n snelweg eerste neergepen na 'n reis na Afrika wat hy geestelik en fisiek uitmergelend genoem het. Die ervaring het gelei na 'n vroegoggend sessie om liedjies te skryf, wat een van die mees opgewekte en bemoedigendste liedjies van die afgelope 25 jaar opgelewer het.
Dit is wat God doen. Hy verander ons rou in 'n gedans. Daardie sin kom van 'n ander sanger en liedjieskrywer, koning Dawid, wie se lewe ook gevul was met geestelike en fisiek uitmergelende tonele. Tog het hy Psalms geskryf — heel waarskynlik die Bybel se klankbaan vir die lewe. Psalm 16 het Dawid midde-in 'n krisistyd geskryf. Tog, in vers 11 kan jy amper hoor hoe hy opgewek raak en iets sing soos, "Die lewe is 'n snelweg ...”
Vra vir God: As die lewe soos 'n snelweg is, waarheen is ek op pad?
Rascal Flatts lirieke het kopiereg en is die eiendom van hulle eienaars. Alle lirieke in hierdie leesplan word slegs vir opvoedkundige doeleindes en persoonlike gebruik toegestaan.
Aangaande hierdie leesplan
As jy al 'n betekenisvolle oomblik van geloof of familie ervaar het, is daar 'n goeie kans dat die sanger en liedjieskrywer Gary LeVox van die Rascal Flatts al daaroor gesing het. Met meer as 22 miljoen albums wat verkoop is en 16 no. 1 enkelsnitte, het hierdie liedjies die klankbaan van baie lewens geword. As gevolg daarvan, word miljoene van ons Ten Goede Verander.
More