Ten Goede VeranderVoorbeeld

Changed For The Better

DAG 2 VAN 4

My Wens

As jy 'n mens is, het jy 'n vader. Party van julle dink nou: "Duh!" Ander dink weer liefderik aan hul pa's, en party het "Ugh" gedink. Ons het almal vaders, maar ons het nie almal goeie pa's nie.

Toe die Chicago Tribune vir Gary LeVox uitvra hoe dit is om die pa van twee dogters te wees, het hy gesê: "Dit is net asemrowend om vir iemand anders te leef. Dit het van my 'n man gemaak — 'n beter mens. Dit is my volle verantwoordelikheid om vir hulle te voorsien." Dus, wanneer die Rascal Flatts My Wens, sing en wanneer mense dit regoor die wêreld by gradeplegtighede en pa-dogter danse speel, is dit nie net woorde nie; dit is die klankbaan vir 'n regte lewe.

My Wens vir jou is dat hierdie lewe alles word wat jy wil hê dit moet,
jou drome groot bly, jou bekommernisse klein bly.
Dat jy nooit nodig het om meer te dra as wat jy kan hanteer nie,
en terwyl jy daarbuite is, besig om te kom waar jy wil wees,
hoop ek jy weet dat iemand jou liefhet en dieselfde dinge vir jou wil hê
Ja, dit is my wens.

Goeie vaders oral het 'n soortgelyke wens vir hulle kinders. Ongelukkig is daar te veel kinders wat dit nie vir hulle vaders voel nie. Die saak staan so: almal van ons het regtig 'n goeie Pa. Ons is aangeneem as seuns en dogters wanneer ons kies om Christus te volg. Ons het 'n hemelse Vader wat 'n uitkoms gee wanneer ons meer dra as wat ons kan hanteer, wat ons voetstappe lei en wat nie vir ons 'n klip gee wanneer ons vir brood vra nie. Sy wens vir jou is oorvloedig meer as waarvoor jy ooit sou kon vra of aan dink. Hy hoop jy weet Iemand het jou lief.

Vra Jouself af: Hoe het my siening oor my pa my siening van God beïnvloed? Vertrou ek God as 'n liefdevolle Vader wat altyd voorsien?

 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Changed For The Better

As jy al 'n betekenisvolle oomblik van geloof of familie ervaar het, is daar 'n goeie kans dat die sanger en liedjieskrywer Gary LeVox van die Rascal Flatts al daaroor gesing het. Met meer as 22 miljoen albums wat verkoop is en 16 no. 1 enkelsnitte, het hierdie liedjies die klankbaan van baie lewens geword. As gevolg daarvan, word miljoene van ons Ten Goede Verander.

More

Ons wil graag vir Life.Church bedank dat hulle hierdie plan voorsien het. Vir verdere inligting besoek asseblief: life.church