Chazown saam met pastoor Craig GroeschelVoorbeeld
Die tweede area om te verken om jou chazown te ontdek, is jou geestelike gawes en talente. Net soos jou kernwaardes deur God in jou geplaas is, so ook jou gawes. Dis anders as die meeste Kersgeskenke wat jy as kind ontvang het, want gawes en vermoëns van God is vir jou en vir ander. Dit is spesiaal gekies vir die chazown waartoe Hy jou geroep het.
Die Bybel het verskeie talente en vermoëns gelys, maar dit is slegs voorbeelde van 'n veel langer, ongeskrewe "lys" van gawes wat God deur die mensdom versprei het. Jy het by God gawes ontvang. Met dit in gedagte, waarin presteer jy? Moet asseblief nie vir my in valse nederigheid sê: "Maar, Craig, ek is regtig nie in enigiets goed nie." Hou net op met die gekerm, hoor? (Miskien het God nie vir my genade gegee nie.)
Wees eerlik. Waarmee is jy besonder goed? Kan jy sing of dans? Is jy goed met tuinmaak? Wat van syfers? Of leierskap? Kan jy kook? Hou jy daarvan om te delegeer? Maak ander maklik oop teenoor jou? Is jy snaaks? Kan jy enigiets herstel wat breek?
Elke gawe en talent wat jy het, het direk van God af gekom met 'n doel. Hy wil hê jy moet dit tot voordeel van die liggaam van Christus gebruik en om 'n seën vir die wêreld te wees. Watter gawes het God vir jou gegee?
Jy is goed onderweg om God se chazown — sy visie — vir jou lewe te ontdek. Jy het reeds jou kernwaardes ontdek. Kom ons kyk nou mooi na jou Godgegewe gawes en vermoëns.
Wees geduldig terwyl jy hierdie vrae beantwoord. Moenie te vinnig aan beweeg nie. Probeer om met soveel moontlik antwoorde vorendag te kom.
1. Waarvoor het jy 'n passie om uit te leef? Of wat vermoed jy mag jy dalk geniet om te doen as jy dit net 'n bietjie meer ondersoek? (Oorweeg beroepe, stokperdjies, ontspanningsaktiwiteite, enigiets.)
2. Wat doen jy wat skynbaar 'n beduidende invloed op ander het?
3. Wat glo jy in die geheim kan jy dalk doen, maar jy het dit nog nooit probeer nie? Een van die beste maniere om jou gawes te ontdek, is om by verskeie aktiwiteite betrokke te raak en uit te vind wat vir jou werk. Wanneer jy gereed is, teken sommige van jou moontlike geestelike gawes in jou joernaal aan, asook een verbintenis tot 'n spesifieke diensgeleentheid.
Vir bykomende hulp om jou geestelike gawes te ontdek, gebruik die gratis geestelike gawe-assessering beskikbaar by www.chazown.com.
Aangaande hierdie leesplan
Chazown — 'n Hebreeuse woord vir visie, is wat God in gedagte het vir jou lewe. Om jou chazown te ontdek, begin met die ondersoek van jou kernwaardes, geestelike gawes en vorige ervarings. Hierdie leesplan sal jou help om algemene temas te identifiseer, duidelikheid te bring oor jou unieke passies, en jou te lei na die doel wat God net vir jou het. Begin om vandag jou volgende stappe te beplan om God se visie — sy chazown — vir jou lewe na te streef!
More