Chazown saam met pastoor Craig GroeschelVoorbeeld

Chazown with Pastor Craig Groeschel

DAG 2 VAN 5

Toe God jou geskape het, het Hy sekere dinge in jou hart geplaas waaraan jy waarde heg. Hulle is ingegraveer in jou hart. Dit is die waardes wat die dryfkrag van jou lewe sal word as jy die pad volg wat God vir jou beplan het. Dit is die dinge waarvoor jy bereid sal wees om te sterf. Noem dit jou kernwaardes.

Algemene kernwaardes is die behoefte aan sekuriteit, 'n liefde vir avontuur, lojaliteit aan die huis en gesin, 'n passie vir geregtigheid, genot om vir ander om te gee. Wanneer jy in voeling met jou Godgegewe kernwaardes is, sal dit jou energie, jou tyd en jou gedagtes lei en herrangskik. As jy dit ignoreer, sal jy vroeër of later ellendig voel. As jy dit identifiseer en nastreef, sal jy jou potensiaal vrylaat en jouself voorberei vir sukses en vervulling.

Wat is die belangrikste in jou lewe? Waar weier jy om toe te gee? Jou antwoord is 'n kernwaarde. Dit is 'n dringende begeerte of prioriteit — miskien anders as enigiemand anders wat jy ken — wat God binne-in jou geplaas het sodat jy weet in watter rigting om jou lewe te stuur. Wat is ongewoon aan jou? Waaraan heg jy waarde? Hoe ontbloot jy jou kernwaardes?

Jy kan begin deur 'n paar Bybelse waardes te identifiseer wat op almal van toepassing is. Eerlikheid, deernis, ywer, geduld, nederigheid — hierdie morele deugde en vele ander is nie opsioneel nie. Dit is God se weg, en dit lei na die goeie wat God vir almal wil gee. Lees Jesus se bergpredikasie en die boeke Spreuke en Jakobus om te sien wat die Bybel te sê het oor hierdie universeel erkende deugde. Onthou Bybelse waardes is nie reg omdat dit in die Bybel is nie — dit is in die Bybel omdat dit reg is.

Kom ons raak spesifiek. Hou aan om vir God te vra: “Watter waardes en passies het U in my geplaas? Wat is die persoonlike bloudruk wat U op my hart gegraveer het?” Terwyl jy bid, vra jouself af: "Wat maak my kwaad met 'n regverdige toorn?" en "Waarvoor is ek absoluut lief, meer as enigiets anders?" Gun jouself tyd om hieroor na te dink. Wanneer 'n idee by jou opkom, skryf dit neer. Jy kan hierdie oefening nou doen of verspreid oor 'n paar dae. Wanneer jy verskeie waardes gelys het, hersien dit totdat jy tussen vyf en tien kernwaardes het en skryf dit dan in jou joernaal. 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Chazown with Pastor Craig Groeschel

Chazown — 'n Hebreeuse woord vir visie, is  wat God in gedagte het vir jou lewe. Om jou  chazown  te ontdek, begin met die ondersoek van jou kernwaardes, geestelike gawes en vorige ervarings. Hierdie leesplan sal jou help om algemene temas te identifiseer, duidelikheid te bring oor jou unieke passies, en jou te lei na die doel wat God net vir jou het. Begin om vandag jou volgende stappe te beplan om God se visie — sy  chazown — vir jou lewe na te streef!

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/