Chazown saam met pastoor Craig GroeschelVoorbeeld

Chazown with Pastor Craig Groeschel

DAG 1 VAN 5

Dit neem 'n lang tyd vir die meeste mense om te sterf. (Dit is geen manier om 'n leesplan te begin nie, sê jy.) Dink egter daaroor na. Daar is diegene wat skielik heengaan. Ongelukke. Hartaanvalle. Bendeskietery. Gly van 'n seepgladde badrand af. Vir jou is die kans egter goed dat jy aan die einde van jou lewe in die bed sal sterf. Stel jou voor dat jy daar in die bed lê en nadink oor die hoofstukke van jou lewensverhaal. Waartoe het my lewe bygedra? Het ek regtig saak gemaak? Waarvoor het ek gelewe? Waarom was dit belangrik vir my om te bestaan?

Hier is nog iets om oor na te dink: die besluite wat jy vandag neem, maak die bed op waarop jy sal lê terwyl jy sterf. Dit is hoekom ek die boek Chazown in die eerste plek geskryf het — om jou te help om jou lewe anders te sien en dit te sien soos jou Skepper dit gesien het voordat jy gebore is.

Die woord visie kom van die Hebreeuse woord chazown (uitgespreek khaw-ZONE). Chazown se eerste lettergreep bestaan ​​nie in Afrikaans nie. Jy spreek dit uit deur agter in jou keel 'n kuggeluid te maak, asof jy keelskoonmaak. Probeer dit. Sê khaw-ZONE! Maar die betekenis is van meer belang as die uitspraak van die woord — "droom", "openbaring" of "visie". Waar daar geen chazown is nie — geen droom, geen openbaring, geen visie, geen sin van ons geskape doel nie — dan vergaan ons.

Sonder 'n visie dat jy geskep is om 'n groeiende persoonlike verhouding met jou Skepper te hê nie, verwelk en sterf jou innerlike wese.

Waar daar geen visie vir 'n Goddelike gesin is nie, het jy 'n 50 persent kans om op die ou end te skei.

Waar daar geen visie is dat jou liggaam die tempel van God se Gees is nie — eiendom wat by Hom geleen word — glip jou fisieke gesondheid weg.

Waar daar geen visie vir 'n wyse finansiële leefstyl is nie, kan jy in die rykste land op aarde woon en steeds in die skuld verdrink.

Waar daar geen visie vir sinvolle werk is nie, leef mense vir vyfuur. In werklikhied bestaan hulle net. Hulle doel is om te oorleef — om rekeninge te betaal, getroud te bly, die kinders uit die tronk te hou ...

Ek en jy is egter vir soveel meer geskape.

Oor die volgende paar dae sal ons jou visie in drie kritieke areas van jou lewe ondersoek. Hierdie areas is soos Rorschach-toetse, persoonlikheid vooruitskattingstoetse — as jy lank en biddend genoeg daarna kyk, sal dit vir jou belangrike leidrade wys na jou godgegewe bestemming.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Chazown with Pastor Craig Groeschel

Chazown — 'n Hebreeuse woord vir visie, is  wat God in gedagte het vir jou lewe. Om jou  chazown  te ontdek, begin met die ondersoek van jou kernwaardes, geestelike gawes en vorige ervarings. Hierdie leesplan sal jou help om algemene temas te identifiseer, duidelikheid te bring oor jou unieke passies, en jou te lei na die doel wat God net vir jou het. Begin om vandag jou volgende stappe te beplan om God se visie — sy  chazown — vir jou lewe na te streef!

More

Ons wil graag Pastoor Craig Groeschel en Life.Church bedank vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus http://craiggroeschel.com/