Dit Is Wat Ons DoenVoorbeeld

This Is What We Do

DAG 4 VAN 4

Dit Is Irrasioneel

Vandag se teks uit Matteus gaan oor die verhaal van Palmsondag. Dit is 'n verhaal wat nie sin maak nie, dis totaal irrasioneel.

Jesus van Nasaret moes na Jerusalem gaan en gevolglik vra Hy sy dissipels om vir Hom 'n donkie te gaan haal. Sjoe. Goed. Dalk het mense in daardie dae gereeld donkies geleen. Wat egter volgende gebeur het, kom irrasioneel voor.

Mense het van die omliggende streke na Jerusalem gekom om Jesus die stad te sien inry, maar hulle het nie net gekyk nie. Hulle het begin om takke van nabygeleë bome af te kap om vir Jesus te waai en ook om 'n mat te maak vir die donkie om op te stap, terwyl Jesus op sy rug gery het. Hulle het selfs hulle bo-klere uitgetrek en dit op die grond neergegooi sodat Jesus daarop kon ry in plaas van die vuil pad. Hoekom? Het hulle nie omgegee dat hulle die bome skend wat langs die pad staan nie? Het hulle nie omgegee dat hulle hul klere verniel nie? Wat het van beskeidenheid geword? Hoe kon hulle so dwaas en verkwistend wees?

Palmsondag is heeltemal irrasioneel. Dit is egter ook aangrypend mooi.

Wat het gebeur? Daar was 'n gewaarwording wat irrasionele, vrygewige aanbidding geïnspireer het. Die mense het nie 'n man wat op 'n donkie ry, gesien nie. Hulle het hulle Messias gesien, wat binnekort die menslike geskiedenis sou verander en op 'n dier van vrede gery het.

As jy in God se teenwoordigheid is, word alles op jou, om jou en in jou, iets wat jy wil gebruik om Hom te verheerlik.

Liefde is irrasioneel vrygewig. Dit gee. Dit gee selfs meer. Dit gee totdat dit gelyk is aan opoffering. God is liefde. Ware aanbidding is altyd 'n uitdrukking van liefde en vrygewigheid. Die mense wat Jesus dopgehou het, het gegee wat hul kon — selfs hul eie klere — omdat hulle gedink het dat dit eer aan Jesus sou bring. Wanneer jy in God se teenwoordigheid is, word alles wat op jou, om jou en in jou is, iets wat jy wil gebruik om Hom te verheerlik.

By Life.Church hou ons daarvan om te sê: "Ons sal die weg baan met irrasionele vrygewigheid omdat ons waarlik glo dat dit meer geseënd is om te gee as om te ontvang." Irrasionele vrygewigheid is wat ons doen. Dit is wat ons doen as gevolg van die Een wat op 'n donkie gery het. Onthou jy wat 'n paar dae later gebeur het? Jesus het sy lewe gegee om die sonde en dood te vernietig sodat ons vir altyd in 'n vriendskapsverhouding met Hom, sy Vader en die Heilige Gees kan leef. Is daar iets in jou wat jou jas op die grond wil laat gooi terwyl jy hier lees? Jy kan maar. Wanneer jy die leesplan voltooi het, vra jouself af: "Wat is in my, op my, om my, wat ek kan gebruik om my Redder te verheerlik? Dit is hoekom ons 'n tiende gee. Dit is hoekom ons ons tyd, energie en vriendskap aan selfs “die geringste" gee. Dit is waarom ons oorvloedige lewens van irrasionele vrygewigheid lewe.

Dit is wat ons doen vanweë wie Hy is.

Bid: Jesus, ek wil met irrasionele vrygewigheid lewe. Wys vir my wat in my, op my en om my is, wat ek kan teruggee om U te verheerlik. Dankie dat U alles prysgegee het sodat ek 'n oorvloedige lewe kan leef. Amen!

Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

This Is What We Do

Doen jy dit? Dit sal deure oopmaak en probleme oplos. Dit sal ander ook inspireer om dit te doen ̶ dit is op 'n goeie manier aansteeklik. Indien hulle ons lewensverhaal vertel, wil ons hê dat hulle dit heel bo moet sit. Ons is hiervoor gemaak. As gevolg van wat God vir ons gedoen het, is Dit Wat Ons Doen.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church