Dit Is Wat Ons DoenVoorbeeld
Meer Oorvloedig
In Johannes 10 het Jesus met die godsdienstige leiers gepraat om hulle sy doel te help verstaan. Hy het geweet dat hulle God se rol as herder verstaan, aangesien hulle die Psalms bestudeer het. Dus het Hy die voorbeeld van 'n skaapkraal gebruik en Homself as die herder beskryf. Hulle het dit nie verstaan nie. Daarna het Hy Homself as die hek na die skaapkraal beskryf. Hulle het dit steeds nie verstaan nie. Uiteindelik het Jesus dit eenvoudig gemaak. Ek verbeel my graag dat Hy gedink het: “Goed, hier is die weergawe vir driejariges.”
In Johannes 10:10 beskryf Jesus Homself as Iemand wat lewens gee en die Satan as een wat lewens neem. Hy sê dat Hy gekom het sodat ons lewe kan hê en dit in oorvloed, of in 'n ander vertaling, dat ons meer oorvloedig kan lewe.
.Dit maak sin. As ons vrygewig is en dus uit die staanspoor wil gee, dan sal die oorsprong van ons lewens uit Christus se oorvloed kom. Die vertaling van "oorvloed" word van die Griekse woord, perissos afgelei. Die stamwoord van "peri-" kan vertaal word as rondom, of ewe ver. Dit lei ook dan tot die woord "omtrek". Die tweede helfte van die woord, "-sos," beteken bloot "jou eie."
Soos vir kleuters, skets Jesus 'n woordprentjie. Die vyand neem lewens, maar Ek gee lewe, oorvloedige lewe, lewe met jou eie omtrek rondom jou (skaapkraal). Volg jy?
Om vir God te gee, het nie 'n gelyke nie. Ons gee iets wat Hy reeds besit en kry alles terug wat ons nooit kan verdien nie.
Wat dan van vrygewigheid? Jip. Ons het die skaapkraal binnegegaan, die vrygewige en oorvloedige lewe, die veiligheid van die perissos, toe ons by die hek ons lewens aan Jesus oorgegee het. Tog is dit nie 'n gelyke ruiltransaksie nie. Ons mag dalk 'n brood en twee vissies hê, maar as ons dit aan Hom gee, kan hulle vyfduisend mense voed. Buite die hek mag ons tiende soos die weduwee se laaste sente wees. Binne die kraal is dit egter 'n oorvloedige geskenk aan die goeie Herder. Buite die hek is ons weerloos teenoor die een wat lewens neem. Binne word ons swakhede na oorvloed verander. Om aan God te gee, is onvergelykbaar. Ons gee iets wat Hy reeds besit en ons kry alles terug wat ons nooit kan verdien nie.
Jy sien, Jesus staan nie by die hek en vra 'n toegangsfooi nie. Hy het alles reeds betaal. Hy wil toestemming hê om jou lewe te herskep in oorvloediglik meer as waarvoor jy ooit kan vra, dink of jou kan verbeel. Sal jy dus buite sit en ingeloop word deur 'n dief — of jou hele siel, finansies, gesin, bekommernisse, oorwinnings, nederlae, lewe en liefde aan Jesus teruggee sodat jy die lewe meer vervuld, meer ewigdurend, meer oorvloedig kan binnegaan?
Bid: Jesus, dankie dat U 'n weg vir my baan om die oorvloed van God te ervaar. Is daar enige gedeelte in my lewe waar ek die dief toelaat om te steel, dood te maak of te vernietig? Is daar enigiets wat ek van U af terughou?
Aangaande hierdie leesplan
Doen jy dit? Dit sal deure oopmaak en probleme oplos. Dit sal ander ook inspireer om dit te doen ̶ dit is op 'n goeie manier aansteeklik. Indien hulle ons lewensverhaal vertel, wil ons hê dat hulle dit heel bo moet sit. Ons is hiervoor gemaak. As gevolg van wat God vir ons gedoen het, is Dit Wat Ons Doen.
More