Dit Is Wat Ons DoenVoorbeeld
Geld en Besittings
Dalk dink jy: “Goed, God is Iemand wat gee, Hy maak ons vrygewig, dit is wat ons doen omdat dit is wie ons is. Ek gee uit die oorvloedige lewe wat Jesus vir my gegee het. Tog wonder ek, hoekom wil God my besittings hê?" Die rede is: God weet dat geld en besittings sy grootste kompetisie vir jou liefde is. Hieronder is dit weer in vetdruk. Lees dit ... 'n paar keer.
God weet dat geld en besittings sy grootste kompetisie vir jou liefde is.
Dit is erg. Hoekom het ek nie my naaste lief soos vir myself nie? Wel, hy wil nie sy gras sny nie en dit verminder die waarde (geld) van my huis (besitting). Hoekom het ek nou die dag op die kinders geskree? Hulle het oneindig lank gevat om klaar te maak en toe is ek laat vir werk, kon nie parkering kry nie, my motor is geskraap (besitting) en my baas het gesê as ek weer laat kom, gaan ek nie daardie verhoging kry nie (geld). Wat weerhou jou daarvan om God met jou hele hart, siel en verstand lief te hê? Wat weerhou jou daarvan om jou naaste lief te hê soos jouself?
Hoekom staan geld en besittings so maklik in die pad van Jesus se twee groot opdragte? Twee redes. Eerstens, dit is hoe sonde begin het. Adam en Eva het die vrug (besitting) bo God gekies, omdat die dief hulle oortuig het dat hulle na hulself moet omsien. Die meeste van ons is vandag steeds onder die indruk dat ons self voorsien in ons en ons gesin se behoeftes. In die tweede plek, is besittings en geld meetbaar en blink en mense hou van goed wat meetbaar en blink is.
Hoekom hou ons van goed wat meetbaar is? Omdat ons verkeerdelik onder die indruk is dat daar 'n tekort aan voorsiening is. Daarom meet en gradeer ons alles wat ons ontvang. Onthou egter, ons het hierdie denkwyse om vir tekorte bang te wees, vaarwel toegeroep toe ons die goeie Herder se skaapkraal ingegaan het, daar waar ons omring word deur sy oorvloed.
Waarom hou ons van blink besittings? Omdat ons na die beeld van God geskep is, Hy wat ook van mooi goed hou. Dit gaan net met ons sleg wanneer ons die gemaakte goed bo die Skepper van alle dinge plaas.
Is geld en besittings dus sleg? Nee, dit moet net in die regte lig gesien word. Hoe sien ons dus geld en goed in die regte lig? Net soos ons onrein gedagtes gevange neem en dit aan God gehoorsaam maak. In plaas daarvan om God altyd vir meer te vra, vra ons meer van wat ons Hom gee. Dalk begin ons dan om ons tiende te gee. Dalk keer dit ons om al ons geld op ons eie belangstellings en passies te spandeer en begin ons om passievol alles op Hom te spandeer. Dalk gee ons oorvloedig soos wat Hy in oorvloed aan ons voorsien. Ons werk nie om besittings te kry nie, ons gaan werk toe om aan Hom die eer te gee. Dalk kan ons sekere goed verkoop om iets te begin waarvoor Hy ons al gevra het.
Vra: Hoe sal dit wees om my geld en besittings aan God gehoorsaam te maak?
Aangaande hierdie leesplan
Doen jy dit? Dit sal deure oopmaak en probleme oplos. Dit sal ander ook inspireer om dit te doen ̶ dit is op 'n goeie manier aansteeklik. Indien hulle ons lewensverhaal vertel, wil ons hê dat hulle dit heel bo moet sit. Ons is hiervoor gemaak. As gevolg van wat God vir ons gedoen het, is Dit Wat Ons Doen.
More