Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles TerugVoorbeeld

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

DAG 8 VAN 9

Om Ryk te Bly

Daar is van julle wat in dieselfde bootjie as ek is. Jy nader die einde van jou lewensreis en wonder hoe jy op 'n hoë noot kan eindig om sodoende 'n nalatenskap agter te laat wat jou gesin sal seën, asook diegene met wie hulle in toekomstige geslagte sal verkeer. Ander begin nou met hul lewensreise en neem hul eerste treë tot daardie drome en planne.

Ek wil jou uitdaag — of jy nou aan die einde of die begin van jou lewensreis is — om hierdie drie dinge te doen:

  1. Werk met jou hele hart vir God, nie vir mense nie.
  2. Moenie jou planne te stewig vestig nie, want jy weet nie wat die Here vir jou in die vooruitsig stel nie.
  3. Dink nou daaroor na wat jy wil hê jou nalatenskap moet wees. Jy kan nooit te vroeg begin nie.

Wanneer jy jonk is, dink jy soms daar is 'n towersleutel in die lewe waarmee jy antwoorde op al jou vrae sal kry of waarmee jy jou probleme kan oplos. Dis so maklik om onder die indruk te verkeer dat die lewe oor 'n groot geheim beskik en wanneer jy sukses behaal, jy op die een of ander manier hierdie sleutel bekom wat dan al die geheime in die lewe sal ontsluit. Ek kan egter nou in my aftrede sê dat dit eintlik baie eenvoudiger is: wees getrou aan dit wat God aan jou toevertrou en belê in hemelse dinge.

Vandag se besluite sal jou nalatenskap beïnvloed. Of jy nou 'n jong sakeman is wat jouself in beide jou loopbaan en gesinslewe voor wêreldse sukses bevind; of 'n jong dame wat onlangs gegradueer het en geen idee oor die pad vorentoe het nie — vandag is die regte dag om jou besluit te neem — in die waarheid dat God alles besit. Onderneem jou lewensreis in hierdie wêreld, terwyl jy jou rykdom in die volgende belê.

Toepassing: As jy nadink oor jou lewe vandag, waarin en in wie belê jy dit wat tot in ewigheid sal duur?

Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Giving It All Away…And Getting It All Back Again

David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verander van diegene met wie jy in aanraking kom. Dit is 'n uittreksel uit die boek "Giving It All Away … and Getting It All Back Again".

More

Ons bedank graag vir David Green en Zondervan vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek www.zondervan.com vir verdere inligting.