Gee Alles Weg … en Kry Weer Alles TerugVoorbeeld
Die Vreugde om te Gee
Wanneer ons vir God gee, lei dit daartoe dat Hy "die vensters van die hemel ... sal oopmaak" (Maleagi 3:10b). Ongelukkig sien sommige Christene net die teenoorgestelde. Hulle dink hulle sal uiteindelik minder hê as hulle gee. Ek kyk daarna as 'n toekomstige seën. Ek het God se seëninge nodig en wil dit vir my gesin hê. Wanneer ek gee, kom dit voor asof Hy aan ons oorvloedige seëninge gee.
Ek beweer nie ons moet bid dat God die vensters van die hemel vir ons moet oopmaak sodat ons geld kan terugkry nie. Om so te dink, is nie in ooreenstemming met God se denke nie. God se seëninge gaan oor baie meer as geld. Ons moet ontslae raak van die denkwyse wat op berge geld gefokus is. God se voorsiening in ons lewens kan in die vorm van ondersteuning uit die liggaam van Christus kom (die kerkgemeenskap) of as een of ander geskenk of 'n werksgeleentheid. My ma het gehoorsaam en vreugdevol gegee en God het voorsien. Sy het nie volgens wêreldse standaarde ryk geword nie, maar sy het 'n skat in die hemel vergader terwyl sy op God vertrou het om in die hede te voorsien.
My pleidooi aan jou is om God op sy woord te neem. Toets Hom. Ek is oortuig daarvan dat, as jy eers een tree gegee het, en steeds vorentoe beweeg, sal jy onder geen omstandighede teleurgestel word nie. Ek wil jou bemoedig en uitdaag om die volgende treetjie te neem. Dalk is dit jou eerste tree. Miskien is dit selfs 'n dapperder tree.
Toepassing: Hoe kan 'n nalatenskap van vreugde en vrygewigheid 'n groter impak lewer as om 'n florerende sakeonderneming of vragte kontant na te laat?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
David Green, die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van "Hobby Lobby", deel met ons hoe 'n vrygewige lewe die beste persoonlike belonings teweegbring, 'n kragtige nalatenskap aan jou gesin bied en ook die lewens verander van diegene met wie jy in aanraking kom. Dit is 'n uittreksel uit die boek "Giving It All Away … and Getting It All Back Again".
More