Oorweldig deur My Seëninge (Deel 5)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 5)

DAG 3 VAN 5

Wat 'n geseënde groep vroue ... tensy jy na sosiale media loer. Dan breek die hel los!

Immunisering of nie? Natuurlike geboorte of epiduraal? Tuisonderrig of openbare skool? Pak slae of nie? Borsvoeding of bottel? Baba-geleide speen of lepel gevoer? En kos? Ons kan 'n bladsy vol menings en debatte lys! Suikervry, suiwelvry, glutenvry, plaagdodervry, neutvry, gras gevoer, organies, lae vet, lae koolhidraat, geen geneties gemodifiseerde organisme, plastiek of geurmiddels nie. Ag tog! Dis net te veel. Ons het almal menings, maar soms kan daardie menings vriende vervreem en van mekaar skei. Ons is mos berug hiervoor. Ons passies kry die oorhand en binnekort dink ons ander moet glo wat ons glo.

Wat as ons ander vroue toelaat om te wees wie hulle is? Wat as ons liewer mekaar laat beter voel, mekaar begin bemoedig en opbou eerder as om mekaar af te breek? Wat as ons ophou om ons eiegeregtige menings met ander vroue te deel om onsself goed te laat lyk en eenvoudig ons gedagtes vir onsself hou?

Sosiale media maak dit moeilik. Ons wil deel van die gesprek wees. Ons wil gehoor word. Is dit regtig die moeite werd? Ons moet mekaar in moederskap bemoedig. Ons het mekaar nodig om te oorleef!

Vandag daag ek jou uit om 'n vriendin op te hef. Daar is geen beter manier om jouself te bemoedig as om 'n ander aan te moedig nie.

Stuur 'n handgeskrewe nota in plaas van 'n e-pos of vinnige teksboodskap. Gaan loer in met haar gunsteling drankie en gee haar 'n vinnige drukkie. Vertel haar wat 'n wonderlike ma sy is. Maak vir haar 'n pot sop of kos vir haar vrieskas. Bied aan om na haar kinders te kyk sodat sy 'n aand met haar man kan deurbring. Raak kreatief en vind maniere om waarde toe te voeg tot ander vroue, ander ma's. Jou opbouende woorde maak saak en die vroue in jou lewe moet dit hoor. Jy sal verbaas wees oor die moed wat dit vir jou eie dag sal gee.

Vader, ek weet ek was vasgevang in gesprekke waaruit ek moes bly en het my tyd gebruik vir dinge van geen belang. Ek weet die sterk menings wat ek uitspreek kan ander seermaak. Mag ek nooit weer iemand anders afbreek om myself te verhoog nie. Ek bid dat my hart vol begrip sal word om te weet dat woorde van bemoediging veel meer werd is as my mening oor enige saak. Wys my die regte persoon om vandag aan te moedig en berei my hart voor sodat ek die regte dinge vir haar doen en sê. Ek is opgewonde oor die moontlikhede!

Lees die eerste Skrifgedeelte uit Die Boodskap

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 5)

Aanmoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die verhaal te kan vertel. Deel vyf van 12 in hierdie leesplanreeks deur Robin Meadows!

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows