Oorweldig deur My Seëninge (Deel 5)Voorbeeld

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 5)

DAG 2 VAN 5

Het jy vanoggend wakker geword en eensaam gevoel ten spyte van jou huis vol mense? Voel jy vergete en onbelangrik, ongewaardeerd en onbevoeg? Asof jy nie vir jou taak opgewasse is nie en niemand gee eens om nie? Welkom by die ma-klub, die lewe van 'n ma. Die Bybel sê vir ons kinders is geskenke van die Here, en ons wil dit so graag glo, maar moederskap voel selde lonend. Waarom laat hierdie roeping ons onbevoeg en onvervuld voel?

Ons skiet tekort, is sonder inspirasie en motivering. Ons het moed nodig om nog 'n dag in die oë te kyk. 

Die Bybelse karakter, Dawid, was nie 'n ma nie, maar hy was 'n man wat teëspoed geken het. In 1 Samuel 30 lees ons dat Dawid, 'n krygsman, sterk en magtige teëstanders oorwin het. Wat 'n groot prestasie! Maar toe hy en sy manne in hulle stad terugkom, vind hulle dit deur vuur verwoes en hulle gesinne is gevange weggevoer. Hulle was verpletter. Die mans het gehuil totdat daar geen trane oor was nie. Ons was almal al daar. Toe kom sy eie manne teen hom in opstand en praat daarvan om Dawid "met te klippe dood te gooi" (vers 6). Hy was immers die leier wat die besluite geneem het wat tot hierdie vreeslike uitkoms gelei het. Ons het dit ook al gevoel. Ons noem ons daaglikse leierskap dikwels "gemeen" of te hardvogtig. Net wanneer ons dink Dawid kon in wanhoop verval en van sy leierskap afstand doen, sê die einde van vers 6b (NLV): "Maar die Here sy God het aan Dawid krag gegee."

Die 1953 vertaling sê: "Dawid het homself versterk in die Here sy God."  Dawid het homself bemoedig! 

Soms het ons dalk niemand wat ons kan opbou en moed inpraat nie. Trouens, daar is baie dae wat ons net wil handdoek ingooi! Ons kan egter soos Dawid onsself bemoedig. Ons kan krag in die Here ons God kry. Ons hoef Hom net te vra. Hy sal ons versterk en moed gee om die volgende vyf minute en ook die hele dag te trotseer.

Probeer dit. Skryf vir jouself 'n paar aantekeninge en plaas dit oral in die huis om jou te herinner aan die krag van God. Put vandag krag uit daardie waarhede. Bemoedig jouself! 

Vader, ek voel minderwaardig, eensaam en ongewaardeerd. Ek weet my vyand wag vir my en wil hê ek moet verslaan en moedeloos raak. Gee my asseblief vandag u krag en help my om moed te skep deur U en u weë te kies. Herinner my vandag daaraan dat U by my is, U sal my nooit verlaat nie, U veg namens my en U het my meer lief as wat ek ooit hierdie kant van die paradys sal besef. Mag die vreugde om U te ken my krag wees! 

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Overwhelmed by My Blessings: Encouragement for Moms (Part 5)

Aanmoediging vir ma's van 'n ma wat sewe kinders grootgemaak en dit oorleef het om die verhaal te kan vertel. Deel vyf van 12 in hierdie leesplanreeks deur Robin Meadows!

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://instagram.com/manymeadows