Nie Gemaak Om Alleen Te Wees Nie - Gemaak vir Gemeenskap in 'n Eensame WêreldVoorbeeld
Wees Verdraagsaam
Lees: Kolossense 3:12–17
SOAP: Kolossense 3:12–14
Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie liefhet. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam wees.Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe. Bo dit alles moet julle mekaar liefhê. Dit is die band wat julle tot volmaakte eenheid saambind.
Oordenking
Om te kies om in gemeenskap met God, ons vriende en ons familie te bly, is 'n daaglikse besluit. Dit verg harde werk en doelgerigtheid soos ons: liefhet en gehoorsaam is; in Christus bly; strewe na eensgesindheid; en 'n gees van nederigheid ontwikkel.
Vandag se Skrifgedeelte herinner ons daaraan dat al hierdie dinge moontlik is omdat ons God se kinders is wat heilig en innig geliefd is. In ons eie krag sou dit te moeilik wees, maar met God is niks onmoontlik nie! Ons is geskape vir gemeenskap en dit beteken dat ons nooit enige van hierdie harde werk alleen hoef te doen nie. Nie net dit nie, dit alles het 'n pragtige doel: ons kom saam met ander gelowiges bymekaar om die boodskap van die evangelie te versprei aan almal wat dit moet hoor, en hulle uit te nooi in die gemeenskap in wat God ontwerp het.
Elke dag moet ons die vrug openbaar van ons tyd wat na aan die ware Wingerdstok deurgebring word, terwyl ons barmhartigheid, vriendelikheid, nederigheid, sagmoedigheid, geduld, vergifnis en liefde openbaar. Elke dag is dit 'n keuse wat jy maak om hierdie deugde aan te trek, net soos jy besluit watter skoene om te dra of watter oorbelle by jou uitrusting pas.
En ons kies nie deernis, vriendelikheid, nederigheid, stille krag, dissipline, vergifnis of liefde net vir diegene wat ons maklik vind om naby te wees nie. Hierdie vers praat van "wees geduldig met mekaar", wat nie tipies iets is wat jy doen wanneer jy saam met mense is wie se geselskap jy geniet nie. Die idee van "om geduldig te wees met mekaar" gee die gevoel van om iets onaangenaam of moeilik te verduur. Maar God sal ons die vrede gee wat ons harte nodig het om alles te bereik wat Hy van ons vra, insluitend om met liefde te volhard terwyl ons aan ‘n Bybelse gemeenskap met ander gelowiges bou, selfs in die lig van meningsverskille, verskille of frustrasies.
God het vir ons die gereedskap gegee wat ons nodig het om ons toe te rus om op hierdie manier te lewe, terwyl ons sy Woord lees en dit in ons laat woon. Wanneer ons verder gaan as om net die Bybel te lees, wanneer ons God se Woord toelaat om ons te leer, te verander en te lei, wanneer ons betrokke raak by ons gemeenskappe vanuit die oorvloed van daardie tyd wat saam met God spandeer is, sal ons reaksie aanbidding wees. En ons sal God heelhartig liefhê wanneer ons elke dag kies om in liefde met mekaar geduldig te wees.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Nog nooit tevore in die geskiedenis van die wêreld was mense meer met mekaar “verbind” as ons huidige generasie nie, en tog voel so baie van ons meer eensaam as ooit. God het ons ontwerp om in gemeenskap met Hom en met mekaar te leef. In hierdie vier-weke lange studie gaan ons leer hoe ‘n Bybelse gemeenskap lyk en hoe om dit in ons lewens te kweek.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.lovegodgreatly.com/Afrikaans