Goddelike LeidingVoorbeeld

Maak Kontak
Toe ek besef dat ek geskape is om nie slegs in die kerk te dien nie, maar om as die kerk ander te dien, was dit vir my van uiterste belang om met ander mense kontak te maak. Jy kan nie dien sonder om kontak te maak nie. Met wie jy kontak maak, bepaal die verhale wat jy môre vertel. Regdeur die geskiedenis was dit waar. Dink na oor die man wat verantwoordelik is vir die skryf van meer as 'n derde van die Nuwe Testament, die apostel Paulus.
Paulus was nie van die begin af 'n Christen nie. Voordat hy 'n volgeling van Jesus geword het, was hy Saulus, van 'n stad genaamd Tarsus, 'n kwaai man wat die Christene vervolg en doodgemaak het. As jy nie van Jesus-ondersteuners hou nie, sou jy baie van Saulus gehou het. Nadat hy egter die lewens geneem het van diegene wat geglo het dat Jesus uit die dood opgewek is, het Paulus self een van hulle geword.
Sy gedaanteverwisseling was so groot, so ingrypend, so lewensveranderend, dat Saulus (wie se naam na Paulus verander is) dadelik vir ander van Jesus wou vertel. Die probleem was dat geen Christene hom vertrou het nie, en vir voor-die-handliggende redes.
Die boek Handelinge stel dit duidelik: "Saulus het na Jerusalem toe gegaan en het geprobeer om daar by die volgelinge van Jesus aan te sluit, maar almal was vir hom bang, omdat hulle nie kon glo dat hy 'n volgeling van Jesus is nie" (Handelinge 9:26). Jy kan nie die dissipels verkwalik dat hulle skepties was nie. Ek sou nie wou hê die ou wat verlede maand nog Christene doodgemaak het, moet die leier van 'n Bybelstudiegroep wees nie! Sou jy?
Paulus het 'n probleem gehad. Hy het geloofwaardigheid onder ander Christene gekort. Paulus het dus uitgereik na enigiemand wat hom die kans sou gee om sy nuutgevonde passie te deel. Paulus se besluit om kontak te maak, het nie slegs sy verhaal verander nie, dit het die geskiedenis verander. Jy sien, Paulus was net een vriend weg van sy lotsverandering. En daardie vriend was 'n man met die naam Barnabas.
Jou eie verhaal mag dalk verander as gevolg van een vriendskap.
Vandag gaan jy lees oor Barnabas, wat gewaag het om Paulus na die apostels te neem, die leiers van die mense wat Paulus in sy vorige lewe probeer doodmaak het. Wat het gebeur? Paulus se nuwe vriend, Barnabas, het ter wille van Paulus sy reputasie op die spel geplaas. En ter wille van Barnabas, het die ander dissipels vir Paulus 'n kans gegee. Die res van die verhaal ken ons. Jou eie verhaal mag dalk verander as gevolg van een vriendskap.
Een vriend kan jou huwelik help verbeter. Een belydenis kan jou help om 'n verslawing te oorkom. Een gesprek kan jou help om 'n gesonder leefstyl kweek. Een mentor kan jou help om jou gawes te verstaan en 'n beter leier te word.
Vra jouself: Wat moet ek doen om met die regte mense kontak te maak? Is daar iemand wat ek moet vermy?
Aangaande hierdie leesplan

Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy foutlose keuses kon maak? In die Goddelike Leiding-leesplan, moedig Craig Groeschel, die New York Times se topverkoper skrywer en senior pastoor van Life.Church, jou aan met sewe beginsels uit sy boek: "Divine Direction", om jou te help om Goddelike wysheid vir jou daaglikse besluite te vind. Ontdek die geestelike leiding wat jy nodig het om 'n storie wat God eer, uit te leef — een wat jy graag sal wil oorvertel.
More
Verwante Leesplanne

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

Lewe Deur Die Gees: Oordenkings Deur John Piper

God Se Plan Vir Jou Lewe

Gewaagde Gebede

Gewoontes

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God

Vind Vrede

Sewe Dinge Wat Die Bybel Oor Angs Sê
