Goddelike LeidingVoorbeeld

Divine Direction

DAG 4 VAN 7

Gaan

Word jy bewus daarvan dat iets nuuts in jou lewe aan die gebeur is? Is jy op soek na iets anders? Selfs al voel jy dit nie nou nie, is dit altyd 'n goeie idee om jou hart voor te berei vir verandering, want dit is 'n gegewe.

Ons het van Begin, Stop, en Wag gepraat. Soms is Gaan die beste keuse wat jy kan maak om God se leiding te vind.

Dikwels word ons geroep om ons man te staan wanneer die druk vermeerder, maar menigmaal is dit nodig om 'n kans te vat. Voel jy rusteloos waar jy is? God het moontlik 'n Goddelike begeerte in jou geplant om Hom op 'n verrassende manier te dien. Miskien het Hy jou deur 'n spesifieke groep mense geïnspireer, 'n idee, 'n probleem, of 'n plek. Miskien roep Hy jou om te gaan. Volg daardie voorgevoel en kyk waarheen dit jou lei. Pak die avontuur aan. Die beste manier om 'n sprong in geloof te neem, is om 'n goeie aanloop te kry.

Daar is 'n goeie verhaal in die Ou Testament van Abram en Sarai (later genoem Abraham en Sara) wat "gaan" perfek illustreer. In Genesis 12 het God met Abram gepraat. In daardie tyd het Abram in 'n dorp met die naam Haran gewoon, maar hy was afkomstig van 'n stad genaamd Ur van die Galdeërs. In Abram se tuisdorp, Ur, het die mense 'n valse maangod, genaamd Nannar, aanbid.

Wat betekenisvol is, is dat die een ware God gekies het om Homself aan Abram te openbaar. God het 'n baie eenvoudige en direkte opdrag aan Abram gegee: draai jou rug op alles wat jy tot nou toe geken het. "Trek uit jou land uit, weg van jou mense en jou familie af en gaan na die land toe wat Ek jou sal aanwys" (Genesis 12:1).

Trek en gaan.

Om in die rigting van jou bestemming te gaan, sal jy moontlik moet wegstap van jou sekuriteit.

Om na 'n ander plek te gaan, moet jy wegtrek van die plek waar jy is. Jy moet dit wat bekend is, wat gemaklik is, wat voorspelbaar is, en wat maklik is, verlaat. Om na jou bestemming te gaan, sal jy moontlik moet wegstap van jou sekuriteit af.

Wie weet waarheen God jou verhaal gaan neem as jy Hom net toelaat? Eendag, jare van nou af, sal jy terugkyk na jou lewe en die volle verhaal sien. Wat gaan dit wees? "Ek het gevoel God roep my, maar ek was bang, daarom het ek niks gedoen nie." Of gaan jy 'n geloof-gevulde avontuur hê om oor te vertel? Die verskil is of jy sal gaan of nie, wanneer God sê: "Gaan."

Vra: Wat vra God my om agter te laat? Waarheen wil Hy hê dat ek moet gaan?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Divine Direction

Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy foutlose keuses kon maak? In die Goddelike Leiding-leesplan, moedig Craig Groeschel, die New York Times se topverkoper skrywer en senior pastoor van Life.Church, jou aan met sewe beginsels uit sy boek: "Divine Direction", om jou te help om Goddelike wysheid vir jou daaglikse besluite te vind. Ontdek die geestelike leiding wat jy nodig het om 'n storie wat God eer, uit te leef — een wat jy graag sal wil oorvertel.

More

Baie dankie aan pastoor Craig Groeschel en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://craiggroeschel.com/