Goddelike LeidingVoorbeeld

Divine Direction

DAG 5 VAN 7

Dien

Om ander te dien, kom nie vir my vanself nie. Ek is 'n self-gesentreerde persoon. Ek hou daarvan dat dinge op my manier gedoen word. Dit is nie iets waarop ek trots is nie, maar ongelukkig is dit die waarheid.

Ek is nie die enigste een nie. Ons almal kan so 'n bietjie self-gesentreerd wees. Van nature is ons selfsugtige mense. Dink daaroor: jy hoef nie 'n kind te leer om selfsugtig te wees nie. Volgens Jesus, gaan die lewe nie net oor ons nie, maar nogtans probeer alles in ons kultuur (insluitend daardie hamburger-plek) vir ons sê om dinge op ons eie manier te doen.

Een van die vinnigste maniere om van God te vergeet, is om met "ek" behep te wees. Jesus het baie reguit woorde gehad vir diegene wat Hom wou volg. Hy het gesê: "As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis opneem en My volg" (Matteus 16:24).

God wil hê ons moet dit op SY manier doen. Hy wil nie hê ons moet dinge volgens ons begeertes doen nie.

Jesus het 'n stelling gemaak wat ons moet laat dink: “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi" (Johannes 4:34).

Stel jou voor jy kan sê: "My kos is om God te dien. My kos is om Hom te behaag. My kos is om die taak te voltooi waarvoor God my gestuur het. My kos is om die wil te doen van my Vader en om sy werk te voltooi." Dit is 'n ander soort voeding. Dit is om met Goddelike leiding te leef.

Wanneer ons hele kultuur sê: "Voed jouself," sê God dat ons ander moet voed.

Wanneer die mense om ons sê: "Kry alles wat jy kan! Dit gaan alles oor jou," wil God hê ons moet 'n bydrae lewer, eerder as om te neem. Wanneer ons hele kultuur sê: "Voed jouself," sê God dat ons ander moet voed. God het ons nie geskape om nemers te wees nie. Hy het ons geskape om gewers te wees. Eerder as om op ons begeertes te konsentreer, is ons geroep om op die behoeftes van ander te fokus. In plaas daarvan om voor in die ry in te druk, word ons geroep om aan die einde van die ry te wag. God het ons geskape om te dien.

Hierdie manier van lewe sal jou verhaal verander.

Dink daaroor. Die stories wat jy die graagste in herinnering roep, is dié waar jy jou buurman gehelp het, by die kerk betrokke geraak het, of iets weggegee het. Dit is omdat ons gemaak is om te dien, net soos Jesus op aarde gedoen het. Die besluit om te dien, mag dalk nie vir jou natuurlik wees nie. Dit was ook nie altyd vir my nie. Maar ek het tot die besef gekom dat om te dien, nie iets is wat ons doen nie. Ons word geroep om 'n dienaar te wees. Wanneer ons dien, word ons soos Christus.

Bid: Vader, hoe moet ek dien? Wie moet ek dien? Waar moet ek dien?

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Divine Direction

Ons maak elke dag keuses wat ons lewensverhaal bepaal. Hoe sou jou lewe lyk as jy foutlose keuses kon maak? In die Goddelike Leiding-leesplan, moedig Craig Groeschel, die New York Times se topverkoper skrywer en senior pastoor van Life.Church, jou aan met sewe beginsels uit sy boek: "Divine Direction", om jou te help om Goddelike wysheid vir jou daaglikse besluite te vind. Ontdek die geestelike leiding wat jy nodig het om 'n storie wat God eer, uit te leef — een wat jy graag sal wil oorvertel.

More

Baie dankie aan pastoor Craig Groeschel en Life.Church vir die voorsiening van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://craiggroeschel.com/