Niks Om Te Bewys NieVoorbeeld
![Nothing To Prove](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3563%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Om Lig te Skep
Die wêreld se boodskap is eenvoudig: jy is genoeg. Op jou eie is jy genoeg. Hierdie rympie faal ons egter — óf omdat ons in ons diepste wese wéét dat ons nie genoeg is nie, óf omdat ons selfbeeld eenvoudig so opgeblaas word dat ons deur die lewe storm sonder God en ander mense. Beide uitkomste laat ons eindelik eensaam en teleurgesteld.
Waarom werk ons dan so hard aan die lewe, om alleen 'n verskil te maak?
Wanneer ek aan lig dink, besef ek dat elke liewe lig wat die mens al ooit gemaak het, energie of een of ander kragbron nodig het om dit aan die brand te kry. Gloeilampe verdof en raak onbruikbaar, uiteindelik selfs LED gloeilampe. Flitse, motorligte, lampe ... almal trek energie van 'n sekere bron wat kan verswak en uiteindelik uitgeput raak.
Dan dink ek aan die lig wat God skep. 'n Vuur wat onbeheersd weghardloop, die son wat meedoënloos en onophoudelik brand, biljoene sterre wat almal met 'n groot krag brand — al die lig wat Hy skep, het niks anders nodig om te bestaan nie. Dit het geen ander energiebron nodig nie. Dit ís net daar.
As ek dink aan ons voortdurende strewe, besef ek dat ons heeltyd besig is om lig te probeer skep. Ek het self al probeer om lig te skep.
- Ons probeer om vir God aan ons geliefdes te gee met perfek-beplande toesprake, eerder as om op ons knieë te gaan.
- Ons probeer om ons lewens te beheer en swaarkry te verhoed, eerder as om net te vertrou dat God goeie bedoelings vir ons het met wat Hy ook al oor ons lewens bring.
- Ons begin om alles self te beheer en te doen, eerder as om ander se betrokkenheid en foute te waag.
- Ons gaan alleen deur tragedie omdat ons nie ander mense wil pla nie en ons glo die leuen dat ons nie in ons donkerste ure ander se hulp nodig het nie.
Wat as ons eerder net lig ontvang, in plaas daarvan om dit te probeer skep? Dit klink vir my na baie meer pret, baie makliker. Ons skep swak ligte, want ons is gemaak om lig te geniet en te reflekteer, nie om dit te skep nie.
Die mate waartoe ons glo en ons identiteit as Geesvervulde kinders van God aanneem, sal die graad bepaal waarmee sy lig deur ons skyn. Ons is God s'n en Hy is ons s'n. Dít is ons identiteit. Dit verander alles.
As ons ons ware identiteit met liefde aanneem, sal ons nie net ophou om onmoontlike dinge te probeer doen nie, ons sal oorweldig voel deur hierdie vurige lig wat nie beperk kan word nie en wat ten volle tot ons beskikking is.
Ons hoop dat hierdie leesplan jou bemoedig het. Leer meer van NOTHING TO PROVE deur Jennie Allen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
![Nothing To Prove](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F3563%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Voel jy oorweldig deur keuses, verwagtinge en druk en probeer jy jou bes om goed genoeg te wees — en tog voel dit vir jou asof jy veld verloor en die beste dele van jou lewe misloop? Jy is nie alleen nie. Wanneer jy jou voete begin natmaak in die verfrissende waarheid van die meer-as-genoeg lewe wat Jesus aan jou bied, sal jy die vryheid ervaar van dié wat vasbeslote is om uit te vind wat God kan doen deur 'n siel wat Hom volkome liefhet.
More