Niks Om Te Bewys NieVoorbeeld
Alles as Gevolg van Hom
My ontmoeting met Jesus in die afgelope jaar het vir my 'n nuwe pad oopgemaak — 'n pad waarop ek Hom beter leer ken het en in sy krag kon leef, oorvloedige genade beleef en toelaat dat die Gees deur my werk, in plaas daarvan om heeltyd na iets te strewe.
Hierdie nuwe pad is egter net 'n terugkeer na ou dinge. Ons keer terug na die eenvoudige, algemene genade van wat dit beteken om saam met Jesus te wandel.
Ek het 'n patroon in die lewe van Jesus raakgesien wat ek nog nooit voorheen regtig opgelet het nie.
Hy sê : Ek is die brood van die lewe.
Hy is die brood van die lewe. Nie ons nie.
Hy sê: Ek is die lig vir die wêreld.
Hy is die lig. Nie ons nie.
Hy sê: Ek is die weg, die waarheid.
Nie ons nie.
Hy is genoeg. Nie ons nie.
Ek het so dors deur die lewe gegaan omdat ek gedink het ek weet waar die water is. Ek het geglo dis net anderkant daardie dik, swart lyn van verwagtinge wat altyd-bewegend was en wat my gesmeek het om dit oor te steek. Om dít reg te kry moes ek die nodige hulpmiddels uit my binneste bymekaarskraap. Ek het probeer om brood en lig en lewe en genoeg te wees — tog kon ek dit net nooit regkry nie.
Wat ek egter gesien het as 'n groot teleurstelling, was uiteindelik die grootste genade wat God nog ooit aan my bewys het. Jy sien, ons gaan soek selde iets om te drink as ons nie dors is nie. Om ons dors te kan vóél, is een van God se grootste gawes aan ons. Om ons behoefte aan God te erken, is die beginpunt om Hom te vind.
Alles waarna ons in oorvloed smag, is in Jesus …
Omdat Jesus genoeg is, kan ons ware vervulling ervaar.
Omdat Jesus genoeg is, kan ons verbonde aan Hom en aan ander leef.
Omdat Jesus genoeg is, kan ons rus.
Omdat Jesus genoeg is, kan ons risiko's neem tot sy eer.
Omdat Jesus genoeg is, kan ons vrees vir hoop verruil.
Omdat Jesus genoeg is, kan ons genade verwelkom.
Omdat Jesus genoeg is, kan ons ons ware roeping uitleef.
Jy kan kies om in hierdie oorvloedige strome van sy genoegsaamheid te leef. Sal jy Hom kies, in plaas daarvan om deur die lewe meegesleur te word, jou lewe mis te loop en nooit 'n diep asemteug te kan vat nie?
Ons kan onsself nie red nie. Hierdie verhaal het egter 'n held.
Sal jy Hom toelaat om jou te red?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy oorweldig deur keuses, verwagtinge en druk en probeer jy jou bes om goed genoeg te wees — en tog voel dit vir jou asof jy veld verloor en die beste dele van jou lewe misloop? Jy is nie alleen nie. Wanneer jy jou voete begin natmaak in die verfrissende waarheid van die meer-as-genoeg lewe wat Jesus aan jou bied, sal jy die vryheid ervaar van dié wat vasbeslote is om uit te vind wat God kan doen deur 'n siel wat Hom volkome liefhet.
More