Niks Om Te Bewys NieVoorbeeld
Die Groot Uitruil
Om sy genade te geniet, lei na iets — net een ding: die dood. Die dood van die ou self. Die dood van ons trots. Die dood van die gedagte dat ons op ons eie genoeg kan wees. Jy sal dit vir 'n oomblik haat. Weet jy egter wat met jou siel gebeur? Jy word vry. Weet jy wat gebeur as jy vry is? Ander mense kom ook vry.
Petrus het so passievol liefgehad en tog het hy van die grootste foute gemaak. Hy was trots en passievol. Ons is net soos Petrus.
Jesus weet wat Petrus nog nie weet nie. Jy hét dit nodig. Jy hét my vergifnis nodig. Jy weet nie eens waartoe jy in staat is nie. Jy het egter hierdie vergifnis vandag nodig.
Ek was jou skoon van vrees wat verhoed dat jy gehoorsaam is.
Ek was jou skoon van skande wat jou laat wegkruip.
Ek was jou skoon van prestasies wat jou laat dink dit bewys jou waarde.
Ek was jou skoon van vermetelheid wat jou behoefte aan vergifnis teenstaan.
Ek was jou voete skoon en plaas hulle op my pad — 'n pad van diens, 'n pad van liefde, 'n pad van verwerping, 'n pad van swaarkry, 'n pad van vreugde, 'n pad om mense vry te maak.
'n Paar ure nadat Hy Petrus se voete gewas het, het Jesus gekies om aan die kruis te sterf. Daarmee het Hy al ons vuilheid en onreinheid weg gewas. In een gewelddadige, maar kosbare daad, het Hy ons van al ons sondes skoongewas. Ons was behoeftig, maar Christus het die boete vir ons sondes betaal sodat ons vir altyd saam met Hom kan wees. Sý bloed in plaas van ons s'n.
Dít is wat dit beteken om ons siele te vul met strome van lewende water, brood wat ons nooit weer honger laat nie en lig wat die duisternis oorneem. Ons word nie gedefinieer deur ons beste óf ons slegste nie; ons word gedefinieer deur ons God.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy oorweldig deur keuses, verwagtinge en druk en probeer jy jou bes om goed genoeg te wees — en tog voel dit vir jou asof jy veld verloor en die beste dele van jou lewe misloop? Jy is nie alleen nie. Wanneer jy jou voete begin natmaak in die verfrissende waarheid van die meer-as-genoeg lewe wat Jesus aan jou bied, sal jy die vryheid ervaar van dié wat vasbeslote is om uit te vind wat God kan doen deur 'n siel wat Hom volkome liefhet.
More