Ek Gee Oor: Inspirerende Oordenkings Geskryf deur GevangenesVoorbeeld
JESUS IS HIER
“Petrus sê vir Hom: 'Here, ek is bereid om saam met U selfs gevangenskap en dood in te gaan'" — Lukas 22:33.
Petrus het op een stadium van sy lewe 'n ernstige belofte gemaak om Jesus te volg. Hy het selfs gesê dat hy vir Hom tronk toe sou gaan en vir Hom sou sterf. Petrus was opreg toe hy dit sê, maar hy het gefaal toe dit by toetse en beproewings gekom het! Jesus het vir Petrus gebid en nie met hom tou opgegooi nie.
Het ons ook gefaal? Het ons ons Verlosser verwerp, afvallig geword en alles verbrou? Hou aan om te hoop. Kyk na Jesus. Hy is nog steeds daar. Hy het ons nog steeds lief. Hy het vir ons gebid, ten spyte van al ons mislukkings, is Hy gereed om ons op te rig, om ons trane af te droog en om ons gebroke harte te heel.
Ons kan voortgaan om daardie man of vrou van God te word, om ons verpligtinge en die beloftes wat ons aan Jesus gemaak het na te kom. Dit maak nie saak waar ons is nie, selfs in 'n donker tronksel; dit maak nie saak wat ons omstandighede is nie, Jesus is daar. Ons kan moed skep en weer vir Hom sê: "Ek is gereed Here, om saam met U na die tronk en die dood toe te gaan!"
—Javier
GEBED: Dankie Here, dat selfs wanneer ons faal, U nooit met ons moed verloor nie. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel is 'n boek van verlossing, vryheid en hoop. In die bladsye is daar dinamiese karakters vol moed — gebroke mans en vroue wat opsoek is na antwoorde. Op 'n manier is hulle baie soos die huidige en voormalige gevangenes wat die oordenkings geskryf het. Ons hoop dat jy deur die stemme van die kerk agter die tralies bemoedig en geïnspireer sal word. Mag hulle getuienisse ons almal vry maak.
More