Ek Gee Oor: Inspirerende Oordenkings Geskryf deur GevangenesVoorbeeld
DIE HERE HET MY LIEF
“My skape luister na my stem; Ek ken hulle, en hulle volg My. Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal in alle ewigheid nooit verlore gaan nie. Niemand sal hulle uit my hand ruk nie” —Johannes 10:27-28.
Voorheen het ek as 'n Christen gelewe, maar het van die waarheid afvallig geword. Vir baie jare het ek in en uit die moeilikheid beweeg, wetende dat hier diep binne my, ek die Here desperaat nodig het, maar dat ek dit beveg omdat ek vir Hom bang is. Tog het 'n eenvoudige voorbeeld my herinner dat God my nog altyd in teerheid na sy arms teruggeroep het. Ek het nooit my kinders van my omstandighede vertel gedurende die tyd wat ek in die tronk was nie. Wanneer ek hulle gebel of aan hulle geskryf het, was ek maar net "weg" en alles "was in orde". 'n Christendame en goeie vriendin in die tronk het vir my gesê om aan my kinders die waarheid te vertel.
Ek vertel hulle toe en het vir twee maande lank angstig gewag om van hulle te hoor. Uiteindelik het ek 'n groot seën ontvang — die eerste brief van my dogter af. Bo aan die bladsy het sy in groot letters geskryf: "SKRYF ASSEBLIEF GOU WEER TERUG" en "MAMMA, EK SAL JOU ALTYD LIEFHÊ".
My dogter se woorde het my oë vir 'n groot waarheid oopgemaak — die Here het my altyd lief. Ek bid dat ek aan Hom getrou sal wees en dat ek sal word wat Hy wil hê ek moet wees.
—Nina
GEBED: Liewe Here, help my asseblief om van nou af die lewe te leef wat U vir my begeer, een dag op 'n slag. Dankie vir u geduld met my. Help my om ook met ander geduldig te wees. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Die Bybel is 'n boek van verlossing, vryheid en hoop. In die bladsye is daar dinamiese karakters vol moed — gebroke mans en vroue wat opsoek is na antwoorde. Op 'n manier is hulle baie soos die huidige en voormalige gevangenes wat die oordenkings geskryf het. Ons hoop dat jy deur die stemme van die kerk agter die tralies bemoedig en geïnspireer sal word. Mag hulle getuienisse ons almal vry maak.
More