Herskep deur die WaarheidVoorbeeld
Die Waarheid Omtrent Voorbereid Wees
Ons kan onsself daarvan weerhou om met ander oor Jesus te praat omdat ons voel dat ons ongekwalifiseerd is. Die vyand probeer om ons te laat voel dat ons nie ander kan verryk nie omdat ons nie self naby genoeg aan God is nie. In hierdie oomblikke moet ons onsself daaraan herinner dat Christenskap nie beteken dat ons uit eie krag vir God moet probeer lewe nie, maar eerder om Hom toe te laat om deur ons te leef. Dit beteken dat God nooit bedoel het dat ons alleen die nou poort moet ingaan nie (Matteus 7:14). Hy begeer eerder om langs ons te loop en aan ons die nodige wysheid te gee om die planne wat Hy vir ons het, te voltooi. Nadat Jesus na die hemel opgevaar het, het God vir ons die Heilige Gees gestuur as 'n gawe waarop ons kan steun! Jou liggaam is 'n tempel van die Heilige Gees, wat beteken dat God se Gees altyd by jou is en jou sal vul met die regte woorde om te sê wanneer die tyd daarvoor aanbreek.
Die slotsom is dat ons moet opsy staan en toelaat dat God ons gebruik. Hou op om in jou eie pad te staan deur so hard te probeer om op eie houtjie perfek en regverdig te wees. Steun eerder op Christus en laat Hom toe om jou onvolmaakthede tot sy eer te gebruik!
Bid: Vra vir God om jou met die Heilige Gees te vervul sodat jy toegerus kan wees vir elke goeie werk wat Hy van jou vra.
Uitdaging: Lees Jeremia 1 en sien eerstehands hoe God iemand kan toerus wat voel dat hulle nie bevoeg is om deur God gebruik te word nie.
Aangaande hierdie leesplan
Een van die Satan se beste strategieë is om mense te laat voel asof hulle heeltemal alleen is in hul twyfel, angs en versoekings. Hierdie leesplan werp lig op sommige van die areas waarmee jong vrouens in hul daaglikse Christelike wandel mag sukkel. In 12 dae sal jy leer om die leuens te herken wat die Satan vir jou vertel en ook om die waarheid te ken wat in Christus te vinde is. Jy mag dalk selfs vind dat jy nie so alleen in jou stryd is as wat jy gedink het nie.
More