Die Koning Se PragVoorbeeld
Vir Sy Prag
Ons sien God se prag in die skepping — in 'n tropiese oase, in sneeubedekte berge en in verskietende sterre. Ten spyte van al die wonderlike dinge in die natuur, word God se prag egter die beste in óns vertoon! Hy gebruik stukkende voorwerpe en verander hulle in meesterstukke wat sy prag kan vertoon. Hy het gekies om ons die kroon van sy skepping te maak.
Jesus was versoek terwyl Hy in die wildernis was. Die duiwel het vir Hom al die mag en prag van die wêreld belowe as Hy sou neerbuig en hom aanbid. Jesus was egter bewus van sy hoë roeping. Hy het geweet dat mag en prag net van die Vader af kom. Hy was ook bewus van sy doel — Hy het vir die verlorenes, die uitgeworpenes en die armes van gees gekom.
Die Vader se begeerte is dat alle mense sy prag sal vertoon — maar veral hulle wat op die rand van 'n afgrond staan, soos Sambo. God se liefde en genade bring herstel vir dié wat in gebrokenheid lewe. Hy wil lewens verander. Ons is gemaak om sy genesing na 'n gebroke wêreld te bring — om deel te wees van sy versoeningsproses, om verandering te bring vir hulle wat dit nodig het en nie vir ons verheerliking nie, maar vir Syne.
Bid:
Mag Christus se versoening in ons wees en laat ons dit vir mense om ons aanbied, tot eer van die Koning. Amen.
Aangaande hierdie leesplan
Jesus het die begin van sy bediening aangekondig met die woorde van Jesaja 61. Hy het verklaar dat sy roeping was om goeie nuus vir die armes te bring, die gevangenes vry te laat, die gebrokenes van hart heel te maak en dié te troos wat hartseer was. Hoe lyk goeie nuus egter eintlik?
More