Die Koning Se PragVoorbeeld

Splendor Of The King

DAG 2 VAN 5

'n Ander Plan  

God wil hê dat gebroke mense weer hoop moet kry. Sy plan vir mense behels nie net oorlewing nie. Hulle moet "Bome van Redding" word, soos Jesaja 61:3 aandui.

'n Akkerboom is een van die mooiste bome, wat beskerming, krag en uithouvermoë simboliseer. 'n Akkerboom is 'n beeld van stabiliteit, want dit het sterk wortels. God wil hê dat die mense wat in armoede leef, dié wat gebroke van hart is en dié wat treur, akkerbome van geregtigheid moet wees. Hy maak ons nie net vry nie, Hy laat toe dat ons floreer.

Kan jy jou voorstel hoe dit sal wees as Christene se sonde vergewe word, maar hulle nie 'n deurbraak in hulle gebrokenheid ervaar nie, of nie die vryheid ervaar om met genade te leef nie? Dit sou nie genoeg wees nie. Jesus het nie net vir ons sondes gesterf nie, Hy het uit die dood opgestaan sodat ons in Hom kan lewe. Ons is vrygemaak van slawerny. Niks anders sou genoeg gewees het nie. Hy gee ons selfs krag in ons gebrokenheid.

Ons God is 'n God wat alles herstel. Dit is wie Hy is.

Die hoop van Christus vir 'n gebroke wêreld, lei mense na die volheid wat daar in Jesus is.

Bid:

Jesus, U is my hoop. Here, help my om te floreer in die plekke wat U spesiaal vir my uitgekies het. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Splendor Of The King

Jesus het die begin van sy bediening aangekondig met die woorde van Jesaja 61. Hy het verklaar dat sy roeping was om goeie nuus vir die armes te bring, die gevangenes vry te laat, die gebrokenes van hart heel te maak en dié te troos wat hartseer was. Hoe lyk goeie nuus egter eintlik?

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv