Streef Na VredeVoorbeeld

Pursuing Peace

DAG 7 VAN 7

In Vrede met die Toekoms

Het jy vrede omtrent die toekoms? Slapelose nagte, stres en bekommernis is simptome wat wys dat jy nie vrede het nie. Daar is baie stemme wat met jou praat. Een stem sê: "Bewys dat jy 'n goeie persoon is." 'n Ander stem sê: "Skaam jou!" Daar is ook 'n ander stem wat sê: "Niemand gee regtig om vir jou nie." En nog een sê: "Jy moet suksesvol en gewild wees en mag hê." 

Tussen al hierdie raserige stemme deur, is daar 'n sagte stem wat sê: "Jy is my geliefde, my guns is met jou." Dis die stem wat ons die meeste behoort te hoor. Ons moet ophou om ons eie ambisies en vermoëns te vertrou en volkome op God begin vertrou en vrede vind in die toekoms wat Hy vir ons het. 

Afrika Spreuk:

'n Man met te veel ambisie kan nie rustig slaap nie. Tsjaadse spreuk

Gebed is die lewensaar van alles wat ons doen. Bid saam met Tearfund en talle kerke oor die wêreld, vir vrede en genesing in 'n gebroke wêreld.

Aksie: 

Trek 'n 5-jaar plan op vir al die dinge wat jy gedurende daardie tydperk wil bereik. Skryf neer wat jy van God nodig het om jou begeertes te vervul en watter dinge jy bereid is om van afstand te doen, of wat jy aan Hom moet oorgee.

Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Pursuing Peace

"Tearfund" soek God se leiding oor hoe om 'n stem vir vrede, herstelde verhoudings en samehorigheid tussen gemeenskappe regoor die wêreld te wees. Hierdie 7-dag leesplan het daaglikse aksies om jou eie gebroke verhoudings te herstel en vir die wêreld waarin jy woon te bid. 'n Rykdom van Afrika spreuke help jou om God se ware vrede te vind.

More

Baie dankie aan "Tearfund" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.tearfund.org/yv