Streef Na VredeVoorbeeld

In Vrede met jou Omgewing
Vrees kan ons vrede steel. Het jy al ooit na die nuus gekyk en gedink dat die wêreld boser en meer gewelddadig as ooit voorkom? Te midde van natuurrampe, klimaatsveranderinge en terrorisme, is Jesus bewus van alles en bestraf Hy die vrees wat ons ervaar en beveel ons om geloof te hê en nie bang te wees nie.
In 'n wêreld van onsekerheid en vrees, mag dit logies lyk om vrede te vind in 'n goed omheinde en bewaakte huis. Ons vind dalk 'n mate van vrede in die besittings wat ons opgaar, die suksesse wat ons behaal en ons prestasies.
Afrika Spreuk:
Die rykdom wat die eienaar vasbind, is nie rykdom nie. ~ Joruba spreuk
Die vrede wat Jesus bied verskil hemelsbreed hiervan. Dit is 'n vrede te midde van swaarkry en storms. Hy sê: "Ruk julleself reg. Dit is Ek. Moenie bang wees nie!" Tydens die Laaste Avondmaal het Jesus hierdie woorde herhaal: "Moenie bekommerd of bang wees nie."
God begeer dat ons sonder vrees deur die lewe sal gaan, maar ons kan dit nie sonder Hom doen nie.
"Tearfund" werk in gebiede waar daar rampe was, en volg Jesus se voorbeeld deur mense te help waar die nood die grootste is. Kyk na hierdie video om te sien hoe "Tearfund" Nieu-Seeland op hierdie oproep gereageer het om vrede op aarde te bring.
Aksie:
Kyk na die hoof nuusgebeure en as jy klaar is, skakel die TV af, sit die koerant neer of sit die radio af. Bid dan tot God vir hierdie situasies en vra Hom om vrede in elkeen van hulle te bring.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Tearfund" soek God se leiding oor hoe om 'n stem vir vrede, herstelde verhoudings en samehorigheid tussen gemeenskappe regoor die wêreld te wees. Hierdie 7-dag leesplan het daaglikse aksies om jou eie gebroke verhoudings te herstel en vir die wêreld waarin jy woon te bid. 'n Rykdom van Afrika spreuke help jou om God se ware vrede te vind.
More
Verwante Leesplanne

Rusteloos

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

'n Bybelse Perspektief Op Sosiale Verandering

Ruimte om asem te haal

God Se Plan Vir Jou Lewe

Sout En Lig

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus
