Streef Na VredeVoorbeeld

In Vrede met die Hede
Dit voel soos 'n radikale verandering om elke oggend God se liefde, barmhartigheid en getrouheid te onthou. In ons besige lewens is dit belangrik om iewers in die dag stil te word en God te vra vir die geskenk van vrede.
Afrika Spreuk:
Stilte bring vrede en daarmee saam kom sekuriteit. ~ Oos-Afrika spreuk
Matteus 5:9 sê: "Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word."
As ons die geskenk van vrede ontvang het, is dit die grootste seëning om dit nie vir onsself te hou nie, maar aan ander aan te bied. Ons moet vrede gee in 'n wêreld wat daarna smag. Ons kan dit doen deur vir vrede vir ander te bid, vir vrede waar daar konflik is, vir onderskeiding en wysheid vir die leiers en vredemakers in konflik gebiede.
Afrika Spreuk:
Dood of lewe kan nie verhoed word deur hoe besig of ledig jy is nie. ~Ibo spreuk
Die kerk behoort 'n lewendige voorbeeld en getuie te wees van hoe Christus mense genees, versoening bewerkstellig en lewens herstel. "Tearfund" se aksie-gedrewe platform Rhythms, het baie idees oor hoe om elke dag 'n vredemaker te wees en dit in die praktyk toe te pas.
Aksie:
Gaan sit iewers en kyk na mense. Bid vir die vreemdelinge wat jy sien, en onthou dat hulle nie vreemdelinge vir God is nie. Bid dat hulle God se liefde en teenwoordigheid sal ervaar, ten spyte van die situasies of chaos wat hulle ondervind.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Tearfund" soek God se leiding oor hoe om 'n stem vir vrede, herstelde verhoudings en samehorigheid tussen gemeenskappe regoor die wêreld te wees. Hierdie 7-dag leesplan het daaglikse aksies om jou eie gebroke verhoudings te herstel en vir die wêreld waarin jy woon te bid. 'n Rykdom van Afrika spreuke help jou om God se ware vrede te vind.
More
Verwante Leesplanne

Rusteloos

Tydbestuur Beginsels uit die Woord van God

Soek Daagliks Die Hart Van God — Wysheid

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die Evangelie

'n Bybelse Perspektief Op Sosiale Verandering

Ruimte om asem te haal

God Se Plan Vir Jou Lewe

Sout En Lig

Alles Rus: Ontvang Hierdie Kersfees Jesus se Rus
