By Waters Van RusVoorbeeld

By Waters Van Rus

DAG 6 VAN 8

“Ek is die opstanding en die lewe”

Die goeie Herder lê sy lewe af vir sy skape. Maar is dit genoeg? Wat word nou van die skape? Wat word van al God se kinders wat in Jesus glo? Wat gebeur met hulle as hulle te sterwe kom? Wat help dit dan dat hulle ’n Herder gehad het? Jesus gee self die antwoord.

Jesus is nie net die Herder wat sy lewe vir sy skape aflê nie; Hy is ook die opstanding en die lewe! Jesus se kruisdood het ons nie net van die monster van sondeskuld bevry nie, maar sy opstanding het vir ons die weg na die ewige lewe gebaan.

Jesus lui met hierdie verklaring ’n nuwe dimensie in, ’n hemelse dimensie. Uiteraard verstaan ons feitlik niks daarvan nie, behalwe dat dit ’n ongelooflik opwindende vooruitsig is. Hierdie vooruitsig is die vrug van Jesus se gehoorsaamheid tot die dood toe. Dis die heerlike vrug van ’n pynlike lydensweg. Dié vrug kan ons duskant die dood maar net in die geloof aanvaar. En kinderlik bly daaroor jubel.

Hierdie oordenking is geneem uit BY WATERS VAN RUS deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

By Waters Van Rus

Psalm 23 is die bekende Herderspsalm wat ontelbare gelowiges troos met die wete dat God ook vir óns die Herder sal wees, wat ons sal lei na stille waters waar daar vrede is. Johan Smit vertel van die vrede en versekering van God se sorg wat gelowiges hieruit put, en ook van Jesus, ons Herder wat sy lewe vir sy skape aflê. Hierdie 8-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies uit dié gewilde Suid-Afrikaanse skrywer se dagboeke BY WATERS VAN RUS en JOU GOD IS HIER!

More

Ons wil graag Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/