By Waters Van RusVoorbeeld
“Lewe in oorvloed”
In Johannes 10 stel Jesus Homself as ’n herder bekend. Dit herinner ons dadelik aan die klassieke herderpsalm, Psalm 23, wat so ’n integrale deel van ons geestelike mondering geword het. “Die Here is my herder, ek kom niks kort nie” (Psalm 23:1, Bybel in Afrikaans 1983/1992). Hier in Johannes 10 kom gee Jesus as’t ware lyf aan daardie psalm. Hy is God met ons. En sy begeerte is dat ons voluit sal lewe, dat ons die lewe in oorvloed sal ervaar.
Wat is ’n oorvloedige lewe? Ons kan dit sien as ’n lewe wat optimaal, ten volle en sonder belemmering ervaar word. ’n Lewe waar ons die groen weivelde en waters waar daar rus is, sal geniet. Maar ook ’n lewe waar ons wel deeglik bewus gaan wees van donker dieptes. In ’n lewe van oorvloed sal ek ook bewus wees van God se arms om my, van sy beskermende liefde.
Jesus stel dit duidelik dat daar tog ’n voorwaarde is vir ’n lewe in oorvloed. Die skape moet luister na die stem van die Herder en Hom gehoorsaam volg. As jy die lewenswater in oorvloed wil drink, moet jy naby die Bron van die Lewe bly.
Hierdie oordenking is geneem uit BY WATERS VAN RUS deur Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Aangaande hierdie leesplan
Psalm 23 is die bekende Herderspsalm wat ontelbare gelowiges troos met die wete dat God ook vir óns die Herder sal wees, wat ons sal lei na stille waters waar daar vrede is. Johan Smit vertel van die vrede en versekering van God se sorg wat gelowiges hieruit put, en ook van Jesus, ons Herder wat sy lewe vir sy skape aflê. Hierdie 8-dag-plan is ’n samestelling van dagstukkies uit dié gewilde Suid-Afrikaanse skrywer se dagboeke BY WATERS VAN RUS en JOU GOD IS HIER!
More
Ons wil graag Johan Smit © Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.cumbooks.co.za/