Regverdiging: 'n Studie oor RomeineVoorbeeld

Justification: A Study in Romans

DAG 9 VAN 16

Wat sê dit?

In angs oor Israel se sonde, het Paulus gewens dat hy vervloek kon word en van Christus afgesny kon word ter wille van hulle.

Wat beteken dit?

God het Israel verskeie geestelike voordele gegee: aanneming, God se heerlikheid, die verbonde, die wet, diens in die tempel, die beloftes, die aartsvaders en die menslike afkoms van Christus. Tog het hulle Jesus steeds as die beloofde Messias verwerp. God het Israel liefgehad, maar sou hulle regverdig behandel. Paulus het intense pyn oor hulle geestelike toestand ervaar. Sy hart het die deernisvolle hart van Christus weerspieël. Paulus het natuurlik geweet dat dit vir hom onmoontlik was om vir hulle sonde vervloek te word, maar die verklaring toon dat hy bereid is om enigiets behalwe sonde te doen om sy landgenote tot redding in Christus te bring.

Hoe moet ek reageer?

Wat maak jou hart seer? God se goedheid het Suid-Afrika waarlik geseën, tog is verwerping van God en die waarheid besig om hoogty te vier in ons land. Treur jy oor die geestelike toestand van jou landgenote? Hoe moedig hierdie hoofstuk jou aan om vir ons nasie te bid? Soos jy groei in Christus-gelykvormigheid, sal sy deernis vir ongelowiges jou hart oorweldig. Ken jy iemand wat steeds aanhou om Jesus as Verlosser te verwerp? Wat beveel God jou om te doen om sy liefde aan hulle te wys?

Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Justification: A Study in Romans

Romeine, wat beskou word as een van die teologies rykste boeke van die Nuwe Testament, is 'n verhandeling oor die teologie van verlossing. Om te begin met die hopeloosheid van ons sonde-gevulde toestand, wys Paulus hoe God geregtigheid aan sy mense verskaf deur Jesus Christus. In Romeine word ons daaraan herinner dat regverdiging nie uit status of morele prestasie kom nie, maar uit geloof in die plaasvervangende dood en heerlike opstanding van Jesus Christus.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org