Regverdiging: 'n Studie oor RomeineVoorbeeld
Wat sê dit?
Gelowiges moet hulle aan gesag onderwerp, mekaar liefhê en onbetaamlike gedrag ter syde stel.
Wat beteken dit?
Gister het ons gesê dat die regte optrede uit die regte oortuigings kom. In vandag se gedeelte wys Paulus uit hoe Christene die regte oortuigings op 'n paar praktiese areas van die lewe moet toepas. Gelowiges is daarvoor verantwoordelik om goeie burgers en bure te wees wat leef om Christus te behaag, nie hul ou sondige natuur nie. Selfs aan burgerlike leiers wat nie met Bybelse standaarde saamstem nie, moet respek betoon word, want dit is God wat aan hulle gesag gee om orde te handhaaf en boosheid te straf. Paulus het gelowiges aangemoedig om wakker te word en doelgerig te wees in hul verhoudings, getuienis en gedrag aangesien Christus se wederkoms nader is as ooit tevore.
Hoe moet ek reageer?
As Christen het jy dubbele burgerskap. Jou oortuigings as 'n burger van die hemel behoort jou interaksies as 'n burger op aarde direk te beïnvloed. Wat moet ’n Christen doen wanneer gehoorsaamheid aan ’n gesag beteken om God se wette te verontagsaam? Duitse gelowiges is byvoorbeeld gevra om Joodse vriende en bure onder Hitler se regime oor te lewer. In ons leeftyd beteken streng gesinsbeplanningsmandate dat Chinese gelowiges soortgelyke kwessies as die vroedvroue in Moses se dag in die gesig gestaar het (Eksodus 1:22). Petrus herinner ons daaraan dat die mens se wette nooit voorrang geniet bo God se wette nie (Handelinge 5:28-29). Bid vir Christene regoor die wêreld wat ernstige gevolge vir hul oortuigings in die gesig staar, vra dan vir God vir die krag om dieselfde te doen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Romeine, wat beskou word as een van die teologies rykste boeke van die Nuwe Testament, is 'n verhandeling oor die teologie van verlossing. Om te begin met die hopeloosheid van ons sonde-gevulde toestand, wys Paulus hoe God geregtigheid aan sy mense verskaf deur Jesus Christus. In Romeine word ons daaraan herinner dat regverdiging nie uit status of morele prestasie kom nie, maar uit geloof in die plaasvervangende dood en heerlike opstanding van Jesus Christus.
More