Regverdiging: 'n Studie oor RomeineVoorbeeld
Wat sê dit?
God het genadiglik 'n oorblyfsel in Israel bewaar vir toekomstige herstel terwyl Hy heidene in sy wingerdstok ingeënt het.
Wat beteken dit?
Hoofstukke 9-11 beskryf Israel se rebellie teen God en verwerping van Jesus as die Messias. Hoofstuk 10 het geëindig deur te herhaal dat God aanhou om na Israel uit te reik, al was hulle “’n ongehoorsame en teenstrydige volk." God sal in sy genade sy belofte aan Israel as 'n nasie vervul, en "die hele Israel sal gered word." Dit beteken nie dat alle Jode deur die geskiedenis 'n tweede kans sal hê nie, maar dat die Joodse nasie grootliks hulle na Christus sal wend met sy wederkoms. Redding, hetsy vir die Jood of nie-Jood, is altyd 'n resultaat van God se goedheid, barmhartigheid en genade.
Hoe moet ek reageer?
n Sterk karakter kan selde bespeur word wanneer alles volgens plan verloop. Wanneer mense in stryd met jou agenda optree, word jou karakter op die proef gestel. Wie het jou onlangs teleurgestel? Is jy verraai of verwerp soos God in vandag se gedeelte was? Ons sondige, menslike natuur veroorsaak dikwels dat ons die persoon aanval en onsself uit die verhouding onttrek. God het nie net vir jou 'n ander voorbeeld gegee nie, maar Hy het ook vir jou die Heilige Gees gegee, wat in daardie oomblikke Goddelik deur jou kan reageer. Watter karaktertrekke van God sien jy in Romeine 11? Watter sal jy vandag in jou lewe wil vertoon?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Romeine, wat beskou word as een van die teologies rykste boeke van die Nuwe Testament, is 'n verhandeling oor die teologie van verlossing. Om te begin met die hopeloosheid van ons sonde-gevulde toestand, wys Paulus hoe God geregtigheid aan sy mense verskaf deur Jesus Christus. In Romeine word ons daaraan herinner dat regverdiging nie uit status of morele prestasie kom nie, maar uit geloof in die plaasvervangende dood en heerlike opstanding van Jesus Christus.
More