Regverdiging: 'n Studie oor RomeineVoorbeeld
Wat sê dit?
Alhoewel die wet mense gehelp het om hul sondes te erken, is ons van die wet bevry om die Gees te kan dien. Paulus wou goed doen, maar hy kon dit nie op sy eie doen nie.
Wat beteken dit?
Die gelowige word vrygestel daarvan om die voorskrif van die Ou Testamentiese wet te probeer onderhou, aangesien dit niemand van sonde kan red nie. Wat was dan die doel van die wet? Dit het sonde en mense as sondaars geopenbaar wat 'n Verlosser nodig gehad het. Die wet het die wanopvatting verwyder dat ons goed is net soos ons is. Om 'n Christen te wees, beteken 'n leeftyd van stryd tussen die gees en die vlees. Volgelinge van Christus word verlos van die straf van sonde, maar hulle leef elke dag in die teenwoordigheid van sonde in die wêreld.
Hoe moet ek reageer?
Het jy onlangs iets gedink of gesê en toe gewonder: "Waar kom dít vandaan?" Soos jy aanhou groei in Christus, is daar steeds 'n stryd teen sonde wat binne-in jou aan die gang is. Hoe duideliker jy die karakter van God verstaan, hoe meer sensitief word jy vir die teenwoordigheid van sondige gedagtes, gesindhede en optrede. Jy kan nooit sonde op jou eie oorwin deur 'n lys van moets en moenies te volg nie. Wat doen jy tans wat jy nie wil doen nie, en wat doen jy nié wat jy regtig wil doen? Gee vandag jou gedagtes oor aan Christus; Hy het reeds die stryd gestry en gewen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Romeine, wat beskou word as een van die teologies rykste boeke van die Nuwe Testament, is 'n verhandeling oor die teologie van verlossing. Om te begin met die hopeloosheid van ons sonde-gevulde toestand, wys Paulus hoe God geregtigheid aan sy mense verskaf deur Jesus Christus. In Romeine word ons daaraan herinner dat regverdiging nie uit status of morele prestasie kom nie, maar uit geloof in die plaasvervangende dood en heerlike opstanding van Jesus Christus.
More