Regverdiging: 'n Studie oor RomeineVoorbeeld

Justification: A Study in Romans

DAG 4 VAN 16

Wat sê dit?

Jesus het vir ons sondes gesterf en is opgewek vir ons regverdigmaking.

Wat beteken dit?

Paulus het God as 'n rekenmeester beskryf en 'n mens se lewe as 'n grootboek. Volgens Romeine 1:18-3:20 is die mensdom moreel en geestelik bankrot verklaar. God krediteer die persoon van geloof met geregtigheid, en balanseer die boeke. Beide Dawid en Abraham is as regverdig gereken afgesien van hulle optrede, geestelike erfenis of vermoë om die wet te onderhou. Abraham het God heelhartig vertrou en is gekrediteer as regverdig in God se oë op grond van geloof in God se beloftes. Verlossing was nog altyd uit genade, deur geloof.

Hoe moet ek reageer?

Hoe sal jy reageer as jy deur bankrotskap gaan en ’n miljardêr jou rekening aan sy persoonlike fortuin koppel, alle skuld verwyder en jou onbeperkte hulpbronne gee? Die enigste vereiste is geloof in die waarde en vermoë van sy geld om jou rekeninge te vereffen. Paulus sluit vandag se gedeelte af met 'n belofte "vir ons wat in Hom glo." As 'n volgeling van Christus is God se geregtigheid in jou rekening geplaas, en alle sonde is uit jou grootboek verwyder. Is jy, soos Abraham, totaal afhanklik van God met onwrikbare geloof? Geregtigheid kan nie verdien word nie; dit is 'n gratis geskenk!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Justification: A Study in Romans

Romeine, wat beskou word as een van die teologies rykste boeke van die Nuwe Testament, is 'n verhandeling oor die teologie van verlossing. Om te begin met die hopeloosheid van ons sonde-gevulde toestand, wys Paulus hoe God geregtigheid aan sy mense verskaf deur Jesus Christus. In Romeine word ons daaraan herinner dat regverdiging nie uit status of morele prestasie kom nie, maar uit geloof in die plaasvervangende dood en heerlike opstanding van Jesus Christus.

More

Baie dankie aan Thomas Road Baptistekerk wat hierdie leesplan verskaf het.Vir meer inligting besoek asseblief: http://www.trbc.org