Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die SkrifVoorbeeld
Hoop. Dit is wat die Openbaring eintlik aan die sewe kerke en ook aan ons bring.
Dit is baie maklik om toe te laat dat die swaarkry in ons lewens ons oorweldig. As jy dan daarby die onrus voeg wat in ons land en ons wêreld plaasvind, kan ons gevoelens van oorweldiging ons maklik na magteloosheid lei en ons sonder hoop laat. Dan wonder ons — Het God ons vergeet? Het Hy van sy koninkrykssending afgesien? Gaan Hy werklik sy koninkryk kom herstel sodat ons vir ewig saam met Hom kan lewe?
Dit is wanneer Openbaring ons herinner dat God nie van sy sending afgesien het nie en dat die oorwinning wat deur Jesus se dood en opstanding behaal is, eendag permanent en holisties ervaar sal word. Shalom sal ten volle terugkeer en ons sal saam met ons Here Jesus Christus vir ewig heers! Hoop sal wen!
Voordat ons egter begin feesvier om ons komende ewige bestemming by Jesus te vier, moet ons eers na 'n paar ander gebeurtenisse in God se koninkryksplan kyk.
In gesprekke oor die eindtyd, is daar 'n geneigdheid om baie gedebatteer te word oor wat nou eintlik sal gebeur. Ondanks verskillende eskatologiese sienings (die teologie wat handel oor die dood, oordeel en die eindbestemming van die siel en van die mensdom), is daar drie sleutelgebeure waaroor alle Christene saamstem: 1) Jesus Christus sal in 'n liggaam terugkeer; 2) die oorledenes sal opgewek word; 3) gelowiges en ongelowiges sal geoordeel word.
Kom ons spring weg met die eerste gebeurtenis.
Lees Openbaring 19:11-16.
Jesus sal nie net in 'n liggaam terugkeer nie (Johannes 14:3; Handelinge 1:11), maar dit sal ook onverwags gebeur (Matteus 24:36-44) en in heerlikheid (Titus 2:11-13)! Sy terugkeer sal egter nie vir almal 'n glorieryke ervaring wees nie. Voordat Jesus sy koninkryk herstel, sal Hy eers die vyande van God eens en vir altyd verslaan!
Lees Openbaring 20:7-15.
Wanneer God se oordeel oor die skepping voltooi is, sal God se plan vir verlossing ook voltooi wees. Sonde, boosheid, dood en die Satan se skelmstreke sal daar nie meer wees nie. Die indringer is weg en sy beheer oor die mensdom is iets van die verlede! God se koninkryk, met sy Goddelike plan waardeur Hy in sy skepping en saam met die mensdom in volmaakte harmonie sal bestaan, kan uiteindelik en ten volle herstel word!
Lees Openbaring 21:1-4,22-27.
Onthou jy ek het vroeër gesê die begin van die verhaal is belangrik? Die Bybel begin nie met sonde nie, maar waar ons Drie-Enige God 'n aardse paradys skep sodat ons saam met sy skepping kan bestaan. Terwyl ons dus die einde van ons verhaal nader, is die vraag waar beëindig ons dit? In 'n paradys wat deur ons Drie-Enige God herskep is sodat Hy met sy skepping vir ewig daar kan woon.
Vriend, hierdie verhaal is nie 'n mite nie of fabel nie. Dit is die ware verhaal van hierdie wêreld. Dit gee ons 'n doel, betekenis en waarde terwyl al die kernvrae van identiteit, doel en waar ons hoort beantwoord word.
In die tussentyd, is sonde nog nie permanent verslaan nie. Ons lewe nog in 'n gebroke wêreld. Dit beteken ook dat die ware verhaal van die Bybel nie die enigste verhaal is wat jy die geleentheid sal hê om te glo en daarvolgens jou lewe beplan nie. Te midde van die lawaai van al daardie mededingende verhale, hoop en bid ek dat jy die enigste verhaal wat strek heel van die begin af tot in alle ewigheid sal kies.
Vir verdere inligting oor hierdie studie, besoek lifeway.com/forever.
Aangaande hierdie leesplan
Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag studie die ewige betekenisvolheid te wys van wat God in die wêreld doen en hoe Hy ons uitnooi om daarvan deel te word.
More