Van Begin tot in Ewigheid: 'n Studie van die Grootse Vertelling van die SkrifVoorbeeld

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

DAG 4 VAN 9

Voor hy gesterf het, het Moses die Israeliete herinner aan hulle verbintenis om in 'n verbondsverhouding met God te lewe. Deur Israel was God besig om sy koninkryk te herbou en seën vir die hele wêreld te bring.

Lees Josua 1:1-9.

Daarna het Josua die volk Israel net soos Moses gelei om in gehoorsaamheid aan die Here te lewe. Om hierdie rede sien ons dat God voortdurend guns aan Israel bewys.

Na Josua se dood en die dood van sy tydgenote het die skrywer van Rigters hierdie koue woorde geskryf:

"Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie. Die Israeliete het toe gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien".

Rigters 2:10-11

Israel het dus die Here verlaat en Hy het op hul ongehoorsaamheid gereageer deur hulle in die hande van hul vyande oor te gee. Die volk het in 'n vernietigende gedragkringloop verval.

Lees Rigters 2:16-23.

Eerder as om aan die verbond, wat hulle met God gesluit het getrou te bly, het die Israeliete begin om die gode van die omringende nasies te aanbid — die nasies wat hulle eintlik uit Kanaän moes verdryf het.

Die verhaal van die Rigters dek die verhaal van die Israeliete se ontrouheid aan God. In plaas daarvan om Hom as hulle Here en koning te aanbid, het hulle die gode van die nasies om hulle aanbid. Tog, al was hulle ontrou aan die verbond, was God nie. In reaksie op hulle sonde het God Israel se vyande gereeld gebruik om Israel te straf. Na jare van onderdrukking het die Israeliete om verlossing tot God geroep. Hy het toe 'n rigter gevestig om hulle te help red. Hulle sou vir 'n rukkie rustig leef totdat hul ontroue kringloop weer van voor af begin het. Alhoewel daar 'n paar mooi oomblikke gedurende hierdie deel van Israel se geskiedenis was, het die volk meestal voortgegaan om in 'n spiraal van wanorde weg te sink.

Die rigters wat God gevestig het, was 'n teken van sy liefde en getrouheid aan Israel. Tog het die volk 'n beter oplossing nodig gehad; hulle het 'n leier nodig gehad wat Israel sou help om 'n seën vir die hele wêreld te wees. Israel het 'n leier nodig gehad wat die Israeliete op die weg van geregtigheid sou lei, weg van hulle pad van sonde af. Israel het 'n koning nodig gehad, die Een van wie Moses in Deuteronomium gepraat het. Hierdie koning sou Israel help om haar Goddelike identiteit en doel as 'n heerser namens God in sy koninkryk uit te leef. Hy sou die Israeliete so regeer dat hulle floreer en almal en alles rondom hulle kon help om dieselfde te doen. Hierdie koning sou die middelaar wees deur wie God sy koninkryk op aarde vestig!

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

From Beginning to Forever: A Study of the Grand Narrative of Scripture

Hierdie leesplan lei jou deur die verhaal van die Bybel en wys jou hoe al 66 boeke saamgestel, een verenigde vertelling vorm. Die ryk teologiese waarhede word van Genesis tot in Openbaring saamgeweef om in hierdie 9-dag studie die ewige betekenisvolheid te wys van wat God in die wêreld doen en hoe Hy ons uitnooi om daarvan deel te word.

More

Baie dankie aan LifeWay Women wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.lifeway.com/forever