’n Lewenspad vol vreugdeVoorbeeld

’n Lewenspad vol vreugde

DAG 7 VAN 7

Tevrede

Vertrou God vir vergenoegdheid. Want vergenoeg is wat jy kan wees as jy kos en klere het. En die kans is goed dat ek en jy te veel van albei het. Vertrou op God om Hom vandag só aan jou te openbaar dat jy sal weet alles sal op die ou end reg uitwerk. Dalk gou. Dalk eers baie later. Maar beslis heel aan die einde.

Vra God om die vergenoegdheid diep in jou wese te laat wortelskiet sodat wanneer jou wense en drome nie waar word nie, jy steeds gemaklik sal wees, seker in jou blydskap dat Hy vir jou die volheid sal bring wat Hy vir jou beplan het en dat jou Hy jou sal lei na al die wonderlike werk wat Hy vir jou bestem het (Ef. 2).

Here, ek sê vir U dankie. Ek is gelukkig hier waar ek nou is: vergenoeg ten spyte van die chaos rondom my. Amen.

Hierdie oordenkings is geneem uit ’N LEWENSPAD VOL VREUGDE deur Dalene Reyburn © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

’n Lewenspad vol vreugde

Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks te fokus op God se teenwoordigheid en die vreugde wat jy in Hom kan vind.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/