’n Lewenspad vol vreugdeVoorbeeld
Onbuigsaam buigsaam
Om uit ons gemaksone te beweeg en ’n avontuursone binne te gaan maak ons opnuut ontvanklik vir eenvoud en buigsaamheid. Dit herinner ons dat ons onbuigsaam behoort te wees ten opsigte van die belangrike dinge, en heeltemal buigsaam ten opsigte van die ander dinge.
As Jesus-volgelinge moet ons ons verhoudings ons hoogste prioriteit maak en onbuigsaam wees in ons liefde vir God en mense. Maar ons moet buigsaam wees ten opsigte van hoe ons koffie gemaak word. Ons moet buigsaam wees met die kinders en ons nou en dan nie so ontstel oor die wanbalans tussen groente en malvalekkers in hulle dieet nie. Oorweeg dit om jouself toe te laat om buigsaam te wees om die vryheid van onbegrensde geluk te ervaar.
Jesus, help my om onbuigsaam te wees in my voorneme om meer buigsaam te wees en die avonture rondom my te geniet. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks te fokus op God se teenwoordigheid en die vreugde wat jy in Hom kan vind.
More
Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/