’n Lewenspad vol vreugdeVoorbeeld

’n Lewenspad vol vreugde

DAG 4 VAN 7

In die dryfsand

Ons oordryf nie as ons sê ons is op pad na moeilike dae nie. En dit sal groot inspanning van ons verg om nie ons vreugde in hierdie donker tyd te verloor nie. Dit is egter ’n stryd wat die moeite werd is om te stry, want dit wys dat ons as gelowiges anders is. Die wêreld behoort na ons lewe te kyk en te sê: “Daar is iets vreemds – en aanlokliks – aan daardie Jesus-mense. Dit lyk of hulle, soos ons, in die dryfsand wegsink. Maar hulle het nie hulle hoop verloor nie.”

Die heel grootste geskenk wat ons aan die volgen­de geslag kan gee, is om nie toe te laat dat hierdie ingewikkelde tye – polities, ekonomies, ideologies en kultureel – ons kinders skend nie. Ons kan hulle laat besef dat hulle nie vir die dood óf vir die lewe bang hoef te wees nie.

Here, selfs terwyl die modder tussen my tone deur krul, verklaar ek dat U my blydskap vir die lewensreis voorsien. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

’n Lewenspad vol vreugde

Voel jy soms asof jy skaars van dag tot dag oorleef? Nou is die tyd om nie net te probeer oorleef nie, maar om elke dag te floreer! Hierdie sewe vreugdevolle mini-oordenkings deur Dalene Reyburn sal jou help om daagliks te fokus op God se teenwoordigheid en die vreugde wat jy in Hom kan vind.

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.cumbooks.co.za/