Hoop wat kaalvoet loopVoorbeeld
“’n Klippie hoop”
Elke keer wanneer iemand opstaan vir ’n ideaal of iets doen om ander se lewens te verbeter, stuur daardie mense ’n rimpeling van hoop uit wat oor die hele wêreld uitkring.
Miskien wonder jy hoe, waar en aan wie jy ’n bepaalde vorm van hoop kan oordra. Want, soos jy, probeer elke mens op aarde om binne sy konteks te oorleef en streef almal daarna om vreugde en lewensvervulling te geniet. Wanneer ons dit besef, sal ons oë en harte ánders begin dink oor ander mense. Dis dan wanneer ons besef ons huismense, vriende, kollegas, die kassier, die motoroppasser, die persoon voor jou by die OTM … is almal op soek na hoop. Meer nog, dit is mense aan wie jý op jou unieke manier ’n stukkie hemelse lewensmoed kan gee. En rimpel-effek-hoop hoef nooit net groot dinge te wees nie, want hoop kom dikwels in die vorm van ’n spontane glimlag, ’n opbouende woord, positiewe kommentaar of opregte omgee-liefde.
GEDAGTE VIR DIE DAG: Jy kan vandag ’n klippie hoop in iemand anders se hart plaas deur bloot die liefde te gaan leef.
GEBED: Here, ek wil hoop aangee … ek wil vandag ’n positiewe rimpel-effek-mens wees. Amen.
Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Aangaande hierdie leesplan
Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.
More
Ons wil graag Milanie Vosloo / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/