Hoop wat kaalvoet loopVoorbeeld

Hoop wat kaalvoet loop

DAG 10 VAN 14

“God wil jou bederf”

Ons God is só goed vir ons. Sy liefde vir ons is so groot dat Hy sy eie Seun in ons plek laat sterf het. En toe sy Kind weer huis toe moes gaan, het Hy vir ons nóg ’n deel van Homself – sy Heilige Gees – gegee. Dié Gees wat ons oortuig om God se genadedaad te aanvaar en wat daarna permanent in elkeen van sy kinders woon. So is Hy – die groot God – 24/7 by ons om ons met sy nabyheid te omhels, deur alle omstandighede te dra, met wysheid te lei, te vertroos en aan ons hoop te gee: Hoop vir vandag. Vir môre. En vir altyd.

Die heerlike teenwoordigheid van die Heilige Gees in jou is maar net die begin van sy volryk genadestroom wat jy eendag gaan kry.

GEDAGTE VIR DIE DAG: As verloste mens is jy een van jou Vader se bederfkinders wat Hy elke dag met sy liefdevolle goedheid seën.

GEBED: Dankie vir die voorreg om u ewige liefde vir my nou reeds te beleef, Vader. Amen.

Hierdie oordenking is geneem uit HOOP WAT KAALVOET LOOP deur Milanie Vosloo © Christelike Uitgewersmaatskappy.
Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Hoop wat kaalvoet loop

Wanneer ons hoop, kan ons enigiets oorkom … Want dan gló ons dat daar positiewe verandering kan wees, dat daar genesing sal kom … dat ons seën sal beleef. Sonder hoop verloor ons ons vreugde. Mét hoop leef ons ons droom met passie. Dit is Milanie Vosloo se boodskap aan jou in hierdie 14-dag-plan oor hoop. Die oordenkings is geneem uit Milanie se dagboek HOOP WAT KAALVOET LOOP.

More

Ons wil graag Milanie Vosloo / Christelike Uitgewersmaatskappy bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/